Monday, April 20, 2009

The day when dreaming ends

Rods het vandag gehoor dat sy kontrak nie hernu word nie. Ons werkspermitte verval einde April en myne is - soos ons lewens - aan syne gekoppel. Einde April is oor 10 dae. Vandag oor 10 dae. Ek weet nie wat van ons gaan raak nie. Ek weet nie wat die verblyfsimplikasies is nie. Maar ek weet ek mag nie by die LUMC werk sonder 'n werkspermit nie. En ek weet ek kry nie hulle weergawe van UIF as ek nie 'n jaar gewerk het nie (wat ek nie het nie). En ek weet dis nie hoe my drome uitgespeel het nie.

No comments:

Post a Comment