Sunday, April 12, 2009

Westerbork op 'n Donderdag







Ons moes bitter bitter vroeg opstaan om die regte trein Beilen toe te ry. In my vroemôre newels het ek skoon vergeet my goedkoop treinkaartjies is slegs geldig na 9. Die gevolg van dié vergissing was dat ek op Utrecht 'n sprint na 'n kaartjiemasjien moes neem om ons drie darem geldig op die NS treine te kon laat ry. Maar dit was die moeite werd. Die teleskope is reusagtig, roeserig en onmenslik mooi. Die woud is rustig en die vroeg-lente werk op al my sintuie in. Dit was 'n wonderlike gesig.

No comments:

Post a Comment