Sunday, January 31, 2010

Meiringspoort










Reisgenote


45kg in die groot tasse en 21.5kg handbagasie. Traveling light is iets wat ek defnitief nog moet aanleer. Ek dink ek oorkompenseer vir die tyd toe ons as gesin van 6 saam gaan vakansie hou het en elkeen net 'n klein klein tassie toegelaat is - of dalk is dit net al die goeters en dinge wat ek voel ek nie sonder in Nederland kan oorleef nie. Ek is nou 'n week terug en huil al klaar weer oor my hart nog steeds in Afrika geanker is.

Cats and dogs

Bella en Donna

Bella met Donna se tong wat net onder haar ken uitsteek. Freaky...

Umbra se mooi sagte voetjies


Ek mis hulle. So verskriklik baie. Maar hulle lyk gelukkig en goed versorg en ons woonstel in Nederland is so verskriklik klein. Om die honde hierheen in te voer, sal 'n sonde teenoor hulle wees. Umbra, aan die ander hand...


Alles is blou... en bont

Volstruisveer hangertjie digby Oudshoorn by 'n padstalletjie opgedoen. Nou sit en dink ek my in hoe sulke koningsblou volstruise in die werklike lewe moet lyk...

Armbandjie waarvan Kirsti die tweeling besit. Dis net 'n lang string met magnete tussen-in wat mens in 'n hangertjie of arbandjie kan omskep nes jy lus voel. Dit laat ook my arm aan die yskas vassit. Nou daar is 'n verskoning!

Saturday, January 30, 2010

Volstruise





Struisvogels noem die Nederlanders hulle.

Mom's house in summer time


Stoeltjie onder die olyfboom

voortuin

voortuin

swembad met sy seiltjie oor

stoep

fonteintjie en bird feeders
patio buite die slaapkamers

Wasgoeddraad in die agtererf

Clivia-huisie

kombuisie

Tapiserie

Ma se badkamer

Eetkamer en winter-sitkamer

Ons kamer


Binne-tuin en Billy

Bedels


My oorvol bedel armband. Hoe die Nederlanders van charm na bedel gespring het, weet net hulle. Die armband is bietjie soos my lewe. Dis tot oorlopens toe vol. Al die kleure pas nie by mekaar nie. Daar is verskillende teksture. Daar is soveel onnodighede - en juis hulle, juis hulle is dit wat dit absoluut die moeite werd maak. En bedel ons nie maar almal eintlik vir 'n beter en voller lewe nie?