Saturday, January 7, 2012

Southern Train in De Tregter - Leiden

Die drie kitare

Toeskouers - meestal kollegas - aan die dans


My gunsteling foto van die aand. Vier van my kollegas; Christian, Merlijn, Dave en Jeanet.

Laura aan't tutten. Ek is mal oor haar top.

Jeanet in 'n gangster bui

Baie snaakse kamera effek - dit, of die band is spoke

Saturday, December 31, 2011

Plekmatjies



Kersboom

Want 'n boer(in) maak 'n plan...

Timing

En nou; nou dat my partytjie iets van die verlede is - nou verkoop alle plekke disco balle! Pffff

Oujaars nomnoms


Ons was vandag by Beans en Bagles. Lekker oujaarsetetjie



Mens kry jou hot chocolate in hierdie formaat. Die room is in 'n apparte houertjie.

Dan klits mens dit en lek die lepel soveel keer af as wat jy kan - of jy skep vir jou stukke sjokolade uit en klits dan; nes jou hartjie begeer.


En dan 'geniet jij van de overheerlike warme sjokola met slagroom'

Half 10 Oujaarsaand





Die groot geraas is nog 'n uur en 'n half weg - en dit lyk al so hier buite. Vir my is die ergste dat dit sommer deur kinders afgeskiet word. En op 11 het jy geen idee van die skade wat so iets kan aanrig aan karre, fietse, diere, hande, ogies, lewens... Om daardie rede bly ek versigtig binne. Hier binne is dit immers veilig, warm en dig. Van hier af is die vertonings van elke straathoek en brug, ook pragtig - en 'n hele entjie rustiger.

Sunday, December 11, 2011

Disco Party

Net voor die gaste begin opdaag het. Ons (dis nou eintlik Roderick) het die banke weggeskuif om 'n dansbaan te maak.

Laura help my om die vrolike wimpers vas te plak. Hulle is heelwat gemakliker as die grotes wat ek gewoonlik vir Fantasy Fairs dra.

Begin van die partytjie - almal nog redelik formeel.

Dancing queen. Ek is mal oor hoe haar leggings reageer op kamera-flashes. Dit lyk byna ingephotoshop.

Yvette tog te pragtig opgedollie

Riaan het fantasties gelyk in sy skitterende hemp en sy laslappiebroek.

Maak nie saak wat Rods tot sy uitrusting toegevoeg het nie, dit het spectacularly wrong gelyk en was dus ideaal vir die partytjie.

Die skitterkousies weer. Die skoene is eintlik Merlijn en Golan s'n, maar deur die aand het ons pruike, skoene, brille, ens uitgeruil.

Ek aan die sukkel om in die platforms in te kom. Uiteindelik het ek wel gekies om op 'n stoel te sit om die takie te verrig.

Nog 'n metamorfose in kostuum


You go, girl!


Disco ball (Wel... eintlik kom dit uit die Kerstshop en is dit veronderstel om aan 'n boom te hang, maar as julle niemand gaan vertel nie, sal ek ook nie

Boys, boys, boys...

Do-ha-di-di-di-di-dam-di-di-dooh

Ons was geëerd... David Bowie was ook by ons partytjie. Amos was ongelooflik kreatief met hierdie kostuum





Dit antwoord nog nie die eintlike vraag nie...

Ek is absoluut gek oor hierdie foto. Die model mag miskien dink dat ek beter in sy pruik lyk (kyk net die foto hier onder) maar ek is mal oor die intensiteit van die foto.

As Afrikaan mag ek mos 'n Afro hê - anders sou dit 'n Euro gewees het

Hierdie is my gunsteling foto van myself van die aand. Dit is so 'n kakafonie van kleure. Was 'n onvergeetlike aand.