Saturday, December 31, 2011

Half 10 Oujaarsaand





Die groot geraas is nog 'n uur en 'n half weg - en dit lyk al so hier buite. Vir my is die ergste dat dit sommer deur kinders afgeskiet word. En op 11 het jy geen idee van die skade wat so iets kan aanrig aan karre, fietse, diere, hande, ogies, lewens... Om daardie rede bly ek versigtig binne. Hier binne is dit immers veilig, warm en dig. Van hier af is die vertonings van elke straathoek en brug, ook pragtig - en 'n hele entjie rustiger.

No comments:

Post a Comment