Sunday, December 11, 2011

GGGGGGggggg

Vrydag op die trein het die snaakste ding gebeur. Daar was van die Romeense outjies met 'n trekklavier besig om die reisigers te probeer sover kry om 'n paar euro af te staan. Die outjie voor speel en die een agter hom loop so bakhand deur die coupee.

In teorie moes dit 'n goeie plan wees, maar hulle het 'n paar foute begaan. Dit is nie wettig om te 'busk' in Nederland nie. Hulle trippie het deur eersteklas oppad na ons toe gegaan en een van die heel nette menere daarso het besluit Nee, dat mag niet! Toe staan hy op en volg hulle.

Nou stel jou die prentjie voor: Voor loop 'n klein Romeense mannetjie met 'n trekklavier en Fur Elize speel. Agter hom kom sy maatjie aan. En agter hulle loop die heel netjies geklede meneer met sy hande half zombierig uitgestrek en maak GGGGG geluide so diep uit sy keel uit... Niemand gaan natuurlik vir hulle geld gee vir so 'n show nie, so die outjie voor loop vinniger (en speel al vinniger). Sy maatjie volg en GGGGGGGGGGGG kom die Nederlander agter hulle aangeloom. Nou hol die voorste outjie al en Fur Elize het in 'n polka verander en GGGGGGGG volg die Eersteklas ou hulle dwarsdeur die coupee en teen die trap af.

Ek het gelag tot ek begin voel het ek gaan nou histeries raak; veral toe die ou heel rustig weer tussen ons terugloop na sy sitplek toe... Die dinge wat ek soggens naar werk meemaak...


No comments:

Post a Comment