Friday, October 30, 2009

Herfs 2009


Herfs 2009

Die onskuldige passies het ek eers gemis
die skugter gewieg soggens vroeg
Die verleidelikheid saans het my oog ook ontgaan
maar vir eers was confetti genoeg

Tot die vurige vloed van haar arms afdruip
En die waarheid stort onstopbaar neer
Na die klimaks van hierdie ontkleedans
lĂȘ bewyse daaronder soos botter gesmeer

No comments:

Post a Comment