Sunday, June 25, 2017

'n Bruilof om te onthou



 Wat 'n mooi bruidspaar.  Die blomme in die mandjie was extra slim en prakties.  Gelukkig is dit nie die ruiker wat uiteindelik gegooi is nie.


 G&T vir die best woman

My fasicnator is 'n paar jaar gelede deur Laura vir my gemaak toe sy in Suid-Afrika moes wag vir haar verblyfsvergunning.  Dat hy presies by my rok pas, is een van daardie toevalsdinge waar mens later oor wonder of dit regtig toeval kan wees.


'n Klomp geskiedenis het gelei tot hierdie dag. En ons is nog almal hier om die storie te vertel.

Dat Margie met daardie skoene op gras kan loop, is een van die wonders van die Suid-Afrikaanse vrou.

Vriende, kollegas, borrelgroep.  Ook hier is al 'n paar sakke sout mee opgeëet.

No comments:

Post a Comment