Sunday, March 15, 2009

Tuis


Lentedag hierso is 21 Maart op die dagewening. Nou moet ek nog net uitvind of die bome kan lees. Sover is daar nog nie veel bloeisels nie, maar die eindpunte van die takke is al mooi opgeswel, so ek reken dat Den Haag binne 'n maand of so grasgroen gaan wees. Die tulpe en die bolplante blom egter al; nie net in netjiese tuintjies nie, maar ook op die walle van die kanale, in die middel van grasperke en op sypaatjies. Daar is geel narcicci, (koppie en pierings) freecias en 'n menigte ander waarvan ek die name slegs kan raai.

Gisteraand het ek en Rods (half 11 in die nag) besluit dat ons gestilsittery nou moet end kry en het ons met 'n redelike ompad na 'n avondwinkel toe gestap. Van daar het ons die ver pad terug huis toe gekies en verby die interessantste geboutjies gedwaal. Ons buurt is regtig pragtig. Ek dink ek begin nou vir die eerste keer regtig aan Den Haag as 'huis' dink. Mens se huis is dalk waar jou hart is - of dalk net waar jy jou kop neerlê. Wie sal regtig weet? Want wat maak mens dan nou ook as jou hart tussen die land van die tulpe en die land van die vygies moet kies?

Wednesday, March 11, 2009

Niggies


Selfoon foto. Drie oudste dogters van drie susters. Leona, Ronelle en Heidi.

Spier

Wynland. Daar was 'n groot hoeveelheid brande in die week wat ek in die Kaap was en ek is nie seker of dit rook of wolke om die bergie is nie.

Musketiers
Boetie deur die blare
Lekker klimrotse

Mooi romantiese bruggie

kralepoppies
Die eintlike rede waarom ons Spier toe is

Nom-nom. 'n Jong cheetah kry hoender vir middagete

Van die diertjies mag saamgevat word huistoe

Koesiekat

Mens mag net aan sy ruggie vryf, maar dis genoeg.

William John


Paar uur oud

Trotse grootouers. Die Maandag toe ek en my pa die twee ouer kinders kleinskooltjie toe vat, toe sê die juffrou dat Ouma en Oupa seker vreeslik trots is. Ek sal moet begin gesigroompies smeer... Om een of ander rede het my pa dit heelwat meer as ek geniet.

Peter is nou ook 'n ouer boetie
Adam weet al wat van 'n ouer boetie verwag word.

Gesina is al weer 'n 'oom'
Vreeslike wakker kind dié. Kyk hoe kyk hy vir my...

Op teen die Weskus

Adam en Peter by die Clanwilliam dam (of die Klein William dam soos wat Adam daarna verwys het). Hy was nie ver verkeerd nie. Klein William is daardie oggend gebore.

Vallei anderkant die Cederberge

Danie en gravitasie
Kinders en tante Ronelle
Gesina en Peter
By Yzerfontein se bitter bitter koue see

Pa en kinders. Al wie kort, is Roderick.

Saturday, March 7, 2009

Hamlet

My tannie het 'n Great Dane gehad. As hy myne was, was sy naam Hamlet. Maar as ek na sy temperament kyk, het hy dalk 'n minder great naam gehad.
Eendag laai sy 'n potensiële werker by die stasie op. Synde sy met 'n kombi ry, moes dié dit vir 'n taxi aangesien het, en klim toe sommer so in die middel in en skuif op. Dis toe hy skuinsdraai dat hy sien dat hy en die hond mekaar so mooi in die oë kyk. Op daardie oomblik vlie die man toe oor die sitplekke tot hy heel agter die agterste banke sit - en spring die hond oor dat hy voor langs my tannie land. Van daar het hulle twee mekaar oppad huistoe so skrikkerig om die sitplekke bespied.
Nou waar is candid camera wanneer mens hom nodig het?

Sunday, March 1, 2009

Weskus

My pa het besluit dat ek, Gesina, Danie en Eddie se twee oudstes saam met hom teen die Weskus moet opry. Saterdag is ons wat vir my soos douvoordag gevoel het, hier weg. Ons eerste groot stop, was op Yzerfontein. Ek was eers verskriklik jammer vir myself dat ek my swemklere vergeet het, maar na een toon in daardie weskuswater, was ek dankbaar. Van daar is ons met ietwat van 'n ompad Clanwilliam toe. Ons het by die dam oorgeslaap in 'n chalet en al wat daar kortgekom het, was handoeke. Gelukkig was die Spar op die dorp nog oop.

Vanoggend vroeg het ons met Liezl gesels en hulle het toe net begin opstaan. Die res van die oggend het ons in selfoon-onbereikbare grondpasse rondbeweeg en toe ons uiteindelik naby Ceres weer sein kry, vind ons uit dat ek al weer oom is. William John het sy opwagting gemaak. Ek dink ek weet wat daar gebeur het. Liezl het natuurlik besef die is haar enigste kans om in vrede te gaan kraam voor die kinders terug is. Ek weet die knapie heet William, maar vir my gaan hy Baksteen bly.

Verder geniet ek die kortmouklere verskriklik baie. Daar is nog 'n magdom mense wat ek binne die volgende 7 dae wil sien, maar ek rus darem so tussendeur ook. En ek maak my kop en kamera se memory stick vol herinneringe.