Saturday, March 7, 2009

Hamlet

My tannie het 'n Great Dane gehad. As hy myne was, was sy naam Hamlet. Maar as ek na sy temperament kyk, het hy dalk 'n minder great naam gehad.
Eendag laai sy 'n potensiële werker by die stasie op. Synde sy met 'n kombi ry, moes dié dit vir 'n taxi aangesien het, en klim toe sommer so in die middel in en skuif op. Dis toe hy skuinsdraai dat hy sien dat hy en die hond mekaar so mooi in die oë kyk. Op daardie oomblik vlie die man toe oor die sitplekke tot hy heel agter die agterste banke sit - en spring die hond oor dat hy voor langs my tannie land. Van daar het hulle twee mekaar oppad huistoe so skrikkerig om die sitplekke bespied.
Nou waar is candid camera wanneer mens hom nodig het?

No comments:

Post a Comment