Sunday, March 15, 2009

Two birds


When the winds of life ruffled your feathers
When the storms came and passed and left you
with lots more than dripping wings
and anger
denial
and a stomach full of unfairness
Do you screech against the heavens
or chitter-chirp because the sky is blue again?

Three birds


Ek is steeds gefassineerd deur die groen pappegaaie hier in Den Haag. Ons het nou-die-dag oppad na ons ete by Lapianos enetjie op sy rug langs 'n standbeeld sien lê. My hart was baie seer - al weet ek hoe die natuur werk. 'n Paar minute later toe ons weer daar verbyloop, sien ons hy sit regop. Al wat ons kon dink, is dat hy hom met die standbeeld misgis het en 'n tydjie onstnap het van die realiteit Ek hoop hy is steeds ok.

Tuis


Lentedag hierso is 21 Maart op die dagewening. Nou moet ek nog net uitvind of die bome kan lees. Sover is daar nog nie veel bloeisels nie, maar die eindpunte van die takke is al mooi opgeswel, so ek reken dat Den Haag binne 'n maand of so grasgroen gaan wees. Die tulpe en die bolplante blom egter al; nie net in netjiese tuintjies nie, maar ook op die walle van die kanale, in die middel van grasperke en op sypaatjies. Daar is geel narcicci, (koppie en pierings) freecias en 'n menigte ander waarvan ek die name slegs kan raai.

Gisteraand het ek en Rods (half 11 in die nag) besluit dat ons gestilsittery nou moet end kry en het ons met 'n redelike ompad na 'n avondwinkel toe gestap. Van daar het ons die ver pad terug huis toe gekies en verby die interessantste geboutjies gedwaal. Ons buurt is regtig pragtig. Ek dink ek begin nou vir die eerste keer regtig aan Den Haag as 'huis' dink. Mens se huis is dalk waar jou hart is - of dalk net waar jy jou kop neerlê. Wie sal regtig weet? Want wat maak mens dan nou ook as jou hart tussen die land van die tulpe en die land van die vygies moet kies?

Wednesday, March 11, 2009

Niggies


Selfoon foto. Drie oudste dogters van drie susters. Leona, Ronelle en Heidi.

Spier

Wynland. Daar was 'n groot hoeveelheid brande in die week wat ek in die Kaap was en ek is nie seker of dit rook of wolke om die bergie is nie.

Musketiers
Boetie deur die blare
Lekker klimrotse

Mooi romantiese bruggie

kralepoppies
Die eintlike rede waarom ons Spier toe is

Nom-nom. 'n Jong cheetah kry hoender vir middagete

Van die diertjies mag saamgevat word huistoe

Koesiekat

Mens mag net aan sy ruggie vryf, maar dis genoeg.

William John


Paar uur oud

Trotse grootouers. Die Maandag toe ek en my pa die twee ouer kinders kleinskooltjie toe vat, toe sê die juffrou dat Ouma en Oupa seker vreeslik trots is. Ek sal moet begin gesigroompies smeer... Om een of ander rede het my pa dit heelwat meer as ek geniet.

Peter is nou ook 'n ouer boetie
Adam weet al wat van 'n ouer boetie verwag word.

Gesina is al weer 'n 'oom'
Vreeslike wakker kind dié. Kyk hoe kyk hy vir my...

Op teen die Weskus

Adam en Peter by die Clanwilliam dam (of die Klein William dam soos wat Adam daarna verwys het). Hy was nie ver verkeerd nie. Klein William is daardie oggend gebore.

Vallei anderkant die Cederberge

Danie en gravitasie
Kinders en tante Ronelle
Gesina en Peter
By Yzerfontein se bitter bitter koue see

Pa en kinders. Al wie kort, is Roderick.