Monday, May 11, 2009

Verlep


Vol hooikoor(t)s, na 11 in die oggend... Wat 'n Maandag. Maar dit kon erger wees; ek kon by die werk wees!

Set in Stone


Moedersdag in Brussels









Saturday, May 9, 2009

Japanese teetuin in Clingendael














Die tyd gaan so bitter gou verby



Dieselfde paadjie, maar so drie-vier weke uitmekaar in Clingendael park geneem. Die boonste foto is op 18 April geneem; die onderste vandag op 9 Mei. Groener, milder, meer lowerryk. These are the days of our lives?

Monday, May 4, 2009

Pronkertjies en poeding

Net soos met bearing (be-aaaring) het dit my 'n oomblik gevat om pronkertjie op te breek in pronk en ertjie. Ek weet steeds nie of orchidië, madeliefies of pronkertjies my gunsteling blomme is nie. Orchidië oor hulle so manjifiek en evolusioner ongelooflik goed aangepas is, madeliefies oor hulle vriendelik en liefies is en pronkertjies oor ek sulke goeie herinneringe aan hulle het - en natuurlik ook oor hulle so lekker soet ruik.

Vandag had ek 'n insiggewende gesprek oor hoekom dit so moeilik is om gesond te eet. Om weg te bly van die poeding af, om nie jou will power nie, maar jou won't power uit te oefen. Wanneer mens rook, kan jy ophou, wanneer jy aan dwelms verslaaf is, kan jy gespeen word en jou lewe lank daarvan wegbly. Maar eet... jy kan tog nie regtig ophou eet nie, kan jy? Dis soortgelyk aan die quote van "Give a man a match and he is warm for a minute. Set him on fire and he is warm for the rest of his life..." Soos wat 'n alkholis heeltemal oorboord gaan wanneer hy na jare van droogte skielik weer die wingerdvog ontdek, so is dit met diëte. En niks kan jou regtig daarteen beskerm nie.

Behalwe dalk blommetjies.

Friday, May 1, 2009

Koninginnedag in Amsterdam

Gister het ons Amsterdam se massas op die feestelikste dag in die Nederlandse kalender gaan aandurf.

Party het mooi soet en stil gestaan

Ander het in die derduisende stalletjies (rommel en vlooi) gaan snuffel

Sommiges het gedans
ander het gerus
Maar daar was baie mense. BAIE mense. Ons het op 'n stadium deur 'n drukgang beweeg waar, as jy jou arms oplig en jou bene ook, dan beweeg jy nog steeds vorentoe. Was bietjie scary.

Daar was partytjies op elke beskikbare spasie en bote het blykbaar meer spasie as waarvoor ek hulle krediet gegee het.
Heelwat mense was hoog in die takke - sommige deur die blare ook. Mind you, sommiges agv die blare...
Maak nie saak in welke rigting jy gekyk het nie, die massas het net nie gekwyn nie

Daar was selfs giles op die waterweë

Oud en jonk het aan die feestelikehede deelgeneem

En alhoewel daar diegene is wat 'hoër' as ander was, het ons dit alles geniet.