Vandag had ek 'n insiggewende gesprek oor hoekom dit so moeilik is om gesond te eet. Om weg te bly van die poeding af, om nie jou will power nie, maar jou won't power uit te oefen. Wanneer mens rook, kan jy ophou, wanneer jy aan dwelms verslaaf is, kan jy gespeen word en jou lewe lank daarvan wegbly. Maar eet... jy kan tog nie regtig ophou eet nie, kan jy? Dis soortgelyk aan die quote van "Give a man a match and he is warm for a minute. Set him on fire and he is warm for the rest of his life..." Soos wat 'n alkholis heeltemal oorboord gaan wanneer hy na jare van droogte skielik weer die wingerdvog ontdek, so is dit met diëte. En niks kan jou regtig daarteen beskerm nie.
Behalwe dalk blommetjies.
No comments:
Post a Comment