Sunday, May 17, 2009

Coeln, Keulen, Cologne, Köln

Die kunstmuseum wat op die fondamente van die ou Romeinse geboue gebou is. Die blokkies in die muur sorg vir natuurlike lig sowel as ventilasie binnekant.

Roderick rustend by die kunstmuseum. Hy en Tania het die 533 trappies van die Dom gaan aandurf. Die ingang na die torings is in 'n sadistiese oomblik een verdieping laer geskuif...

Dinge wat mense vir geld sal doen... Die ou het sy grand piano op daardie trolletjie oor al die kobble stones gestoot tot reg in die middel van die koopstraat. Die klavier was heel vergewensgesind en ons het vir 'n hele rukkie daar staan en luister na die klanke wat die man kon optower.

Op hierde foto moet ingezoom word. Die Rotbusch (rooibos) is snaaks genoeg, maar langs dit is daar ook Pure Lust en een met 'n engeltjie en een met 'n duiweltjie op. En ek is so lief vir tee...

Een van die mooi handgekerfte kerkbanke in die Dom

Kerk, roos en toring... Dit klink soos die begin van 'n sprokie

Pilare in die Dom
Deurhandvatsel
Kerkie aan die ander kant van die Rhein. Gelukkig het ek 'n goeie zoom. Kyk hoe kwaad lyk die wolke nog. Dit het heeldag gedreig om te reën, maar het gelukkig nie.

Ongelooflike detail op 'n drein deksel

Uitgeputte medereisigers by die oorspronklike plek waar Eau de Cologne (of soos die Duitsers die so mooi steel, Kölnische Water) vervaardig is.

No comments:

Post a Comment