Een van daardie dinge waaroor ek en Roderick nie saamstem nie. Ek dink hierdie lampies is te wonderlik vir woorde (maar met my Maleisiese bloed, verstaan ek waar daardie siening vandaan kom). Kleurvol, vriendelik, fyntjies verwerk met die mooi filigree patroontjies... My liewe man dink dit is 'wheg'.
In die middeleeue was Haarlem een van die rykste Nederlandse stede. Die stad was oorspronklik vierkantig - in die vorm van Jerusalem - gebou. Die hout geboue het bygedra daartoe dat Haarlem 'n keer of wat afgebrand het, maar dit is altyd weer vinnig herbou. Van die oorspronklike muur het slegs die waterpoort oorgebly. Haarlem het mooi ou geboue, krom straatjies, winkeltjies, kerke en eetplekke, maar die dorpie voel onwerklik; selfs 'n bietjie vals. Mooi om na te kyk, heerlik om in rond te dwaal, maar nie die plek vir my nie.
No comments:
Post a Comment