Friday, May 1, 2009

Koninginnedag in Amsterdam

Gister het ons Amsterdam se massas op die feestelikste dag in die Nederlandse kalender gaan aandurf.

Party het mooi soet en stil gestaan

Ander het in die derduisende stalletjies (rommel en vlooi) gaan snuffel

Sommiges het gedans
ander het gerus
Maar daar was baie mense. BAIE mense. Ons het op 'n stadium deur 'n drukgang beweeg waar, as jy jou arms oplig en jou bene ook, dan beweeg jy nog steeds vorentoe. Was bietjie scary.

Daar was partytjies op elke beskikbare spasie en bote het blykbaar meer spasie as waarvoor ek hulle krediet gegee het.
Heelwat mense was hoog in die takke - sommige deur die blare ook. Mind you, sommiges agv die blare...
Maak nie saak in welke rigting jy gekyk het nie, die massas het net nie gekwyn nie

Daar was selfs giles op die waterweë

Oud en jonk het aan die feestelikehede deelgeneem

En alhoewel daar diegene is wat 'hoër' as ander was, het ons dit alles geniet.

No comments:

Post a Comment