Monday, September 7, 2009
Sunday, September 6, 2009
Mousse
Ek moes van beter geweet het as om te dink dat mousse mousse is. Te vinnig het ek vergeet dat daar 'n stadium was wat ek gedink het chocolate mousse ten minste 'n stertjie moes besit. Om dinge verder te kompliseer, het ek met my kort hare - en meer onlangs my wederhelf met sy langer hare - begin om die spessifieke haarproduk te gebruik. Dis minder smerig as gel en ander sas haarsproei, maak dit nie ook jou bo-arms klewerig nie. Wat natuurlik beteken dat hy gaan opraak - die mousse, nie my wederhelf of die haarpsroei nie. Ek kry toe eendag die botteltjie hier bo (oor hy op special is) en gister, die eerste dag wat ek dit gebruik, reken ek dat die bruin bronze mousse-kleur seker maar mens se grys hare bedek - soos die Kair produkte in SA mos maak. Mens kry produkte vir blonde, bruin en rooi hare. Bronze is 'n oulike naam vir donkerblond. Dink ek. My hare het bietjie toiingrig gehang, maar dit kon die wilde herfswinde se skuld ook wees.
Vanoggend kom Rods by die kamer ingelag. Die aanwysings is net in Frans en Italiaans, maar ons het mos vir google translate. Die naam het hom klaar vertel dat dit nie 'n haarproduk is nie. Ek het min erg in produkname, so die naam het my nie eens opgeval nie. Op die ou end het ons uitgefigure dat my kopvel nou mooi brons moet wees, maar dat ek nie hoef te worry nie. Die self-tan is streakless, dus behoort my kopvel egalig brons (of soos ek quick tans ken, gifappel-geel) te wees. Dit is darem 'n trosie vir die gekneusde ego.
Nog 'n troos is dat ek dit nie in my onkunde die week vir Ingrid aangebied het nie...
Friday, September 4, 2009
Bekke met tande
Jakkals nooi vir gansie
Kom eet vannaand by my
Daar's heerlike ou kossies
en uintjies uit die vlei
Nee dankie, sĂȘ die gansie,
al staan jy op jou kop
as ek by jou kom kuier
vreet jy my sekerlik op
Nie net Isabel kan gesigte trek nie sien ek. Ek dink nie die gansies was agressief nie, maar mens vat nie kanse met hulle nie - veral nie as jy andermanskind op die arm het en die genoemde kind heel opgewonde is om aan die gevogeltes te vat nie.
Monday, August 31, 2009
Saturday, August 29, 2009
Wat is die gemene faktor?
Thursday, August 27, 2009
Vlissingen
Subscribe to:
Posts (Atom)