Sunday, June 13, 2010

Voorschoten Farm Fair

Die hele farm fair vanaf die treinstasie by Voorschoten. Nee, regtig. Dit was die hele fair. Daar was nie meer as 20 stalletjies nie.

Advertensie fietsie

Kinders aan die paddavissies vang. Ten minste was daar vir die kinders heelwat te doen

Plastiek daisy langs die springkasteel. Agv die aircon drup daar water van haar spene af.

Dit was die einde van die fair, toe loop ek maar om die plaashuis en tussen die stalle deur. Die patrone op die luike is spessifiek tot elke dorp in Nederland.

Ja, dit is my vinger aan die bo-kant van die foto, maar ek kry hom nie gecrop dat dit steeds duidelik is hoe lekker die kinders op die lusernbale speel nie.

Action foto. Partykeer het mens nie duur speelgoed nodig om jou gate uit te geniet nie.

Week-oue kalfie

Twee dag oue kalfie

Die melkstalle

Die eienaar se geel klompe

Interessante stene op die stalvloer

Gereedskap mooi netjies uitgepak. Ek wonder of dit altyd so lyk en of dit spesiaal vir die besoekkers so uitgestal is. Synde die Nederlanders is, neig ek om te dink dat dit 'n normale stand van sake is.

Ek het aan sy neus gevat, maar hy was besig om aan die heining te knibbel en al is hulle stomp, is daai tande darem maar net te groot om my hand naby te waag.

Kinders aan die ponie ry.

Ek was teleurgesteld, want die fair is omtrent 'n maand voor die tyd al bemark en ek het uitgesien na... seker maar 'n kerkbasaar. Met gehekelde goed en 'n gebak tafel, na kerrie-en-rys en selfgemaakte speelgoed. Op die ou end het my 3 euro toegangsgeld my gelei na tupperware (regte tupper!) en orange sokker memoribalia. Daar was geverfde keramiek en winkel-speelgoed vir kinders. Teen die kant van die huis was daar koffie en tee en bietjie gebak en poffertjies. Dit was dit.

Die loop om die huis het ou herinneringe oopgekrap. Ek kom mos van 'n plaas af. Lank lank gelede. En die kinders se gespeel op die lusernbale het my en my neus baie duidelik weer laat onthou. Selfs die vlieë om die kalfies se neuse was bekend. Bo in die dak van die stal was 'n swaeltjie (swaleeuw) nessie. Nie die kruikvorm soos ons hulle ken nie. Die een het 'n kelk - 'n V - na bo gemaak. Boerenswaleeuw het die eienaar aan my verduidelik en toe genoem dat mens in Nederland ook huis-swaleeuws kry.

Ek het rustig verder gedwaal. Deur die perdestalle, die melkstal, die koeistalle waar twee ver dragtige koeie rustig gewag het om van hulle las ontslae te raak en buite in die kampie vir die perde gaan hallo sê. Ons het net toe ek baie klein was perde gehad. Dit is dus 'n dier wat ek pragtig vind, maar nie so heel selfversekerd by is nie. As ek aan die saal vashou, kan ek gewoonlik bo-bly. Hulle is egter vir my mooi genoeg dat ek nie paardenvlees sal eet nie. Die een het my toegelaat om sy neus te vryf voor hy aan die heining begin knibbel het. Ek het daai lang geel tande so gekyk en toe maar op 'n veilige afstand gaan foto's neem.

Dit was dit. Voorschoten (Voorsgooten uitgespreek - nie soos die Engelse dame wat my gevra het oor 'Wershouten' nie) se Farm Fair.

Sokker op die stasie



By meeste pubs is 'n lekker groot skerm om die drinkebroers bietjie langer daar te hou. Nou vir die tydperk van die WK, is daar ook in Centraal Sation 'n reuse skerm. Ek is nie 'n sokker geesdriftige nie. Maar Vrydag het ek vasgehaak, die trane voel vorm toe een van ons goals gemis is, my hart voel sink toe Mexico 'n goal kry en uiteindelik besef dat patriotisme nie iets is wat afgeskakel kan word nie.

Saturday, June 12, 2010

Florence?



Ons nagtegaal aan die sing. Hy was net-net te ver, so ek het maar 'n video gemaak van die bure onder en om my se tuintjies.

Sunday, June 6, 2010

Die veranderinge wat so goed soos 'n vakansie is

spierwit baard

work in progress

en skielik 10 jaar jonger

Booty


Bestek

Potte en bestek

cd-rakkie


Van die straatmark tot die huis:
Donkerbril, 2 warme beenham broodjies, cd-dvd rakkie, eetservies, kastrolle, wit rokkie, tandepasta, gesigroom, wit tights, hemp vir Rods, 2 koeldranke, 1 latte, 1 water, een beursie, 1 skeermessie en drie tafellappies.

Saturday, June 5, 2010

Muur by die stasie in Delft


" ... and the words of the prophets are writen on the subway walls..."
-Simon and Garfunkel

Segbroek Straatfestival 2010









Vandag was die jaarlikse straat festival in ons buurt. Beide Fahrenheitstraat en Thompsom is heeltemal geslote vir verkeer en mense is weke gelede al gewaarsku om hulle karre te verwyder. Daar word musiek gemaak, gedans, op mallemeules gery, warme beenham en chiro's verslind. Mense probeer alles onder die son aan jou verkwansel en kry dit soms reg ook. Dit is 'n lieflike dag buite. 23 grade. Windloos. Seker die karnavaldanseresse was bly oor die mooie weer. Ons het dieselfde groep 'n week gelede by die mark raakgeloop, maar dit was so ontsettend druk daar ons kon nie foto's neem nie. Vandag het ek hulle gepaparazzi.

Ek het vanoggend 'n ding van my nuwe iPhone geleer. Om foto's te meem moet mens die die groot knoppie met die vierkantjie op druk nie... Ek het die mooiste foto's opgeline en was seker hulle is geneem - net om by die huis te kom uitvind al wat op my foon is, is gister se foto van 'n muur in Delft. You live, you learn. At any rate, you live.