Sunday, November 7, 2010

Herfs stukkies

Vanoggend na 'n storm-naweek bo uit Thinus se woonstel uit. Meeste van die mooi geel blare het halfpad Duitsland toe gewaai.

Weer tyd vir jasse en serpe en lange laarse.

Teetyd


In my soektog na 'n rooi teepotjie het ek al op heelwat ander kleure wat ek nie wil he nie, afgekom. Die goud op sy eie is al skrikwekkend genoeg. Mens sou reken die verrassende pienk as binnekant, is net gewoon overkill.

Scones met room en aarbeie. Yum.



Rods se partytjie


Mede braaiersAsseblief asseblief laat dit Springbokkies word...

Score board van die pret
Rods met die keyboard van die nuwe Band Hero game.

Amos die sanger

T&R in 'n vrolike bui


Mark met die kitaar
Catherine as sangeres
Amos die drummer

Riaan is duidelik beter bekend met die instrumente as meeste van die ander.

My man word die 8ste 39. Om die laaste van sy dertigerjare te vier, het ons besluit om te braai. 'n Regte braai. Met boerewors, steak, paptert en braaibroodjies. Met aartappelslaai, mengelslaai en chips met pienk doopsous. En Suid-Afrikaners. En 'n Marrokaan, 'n Spanjaard, 'n Engelse Noorweegse en 'n token Dutch.

Vrydagaand 10uur het Rods met Catherine gesels. Sy was nog by die werk en goed gatvol. Hy nooi haar toe uit, vertel haar sy kan hier by ons kom rus. Kom afpak. Kom boerewors en paptert eet... Om 12uur toe reken Rods ons gaan dalk die plek so 'n bietjie moet opruim, want sy kom die volgende (tegnies seker dieselfde) dag oorbly...

Ek dink dit was vir hom die lekkerste verjaarsdag verrassing. Want wat is nou lekkerder as wanneer jou goeie vriende imprompto 'n kaartjie boek om jou verjaarsdag te kom vier? En wat is nou lekkerder as 'n lekker braai?

Suicide swan

Woensdag oppad Amsterdam toe, het die snaakste ding my oorgekom. Net buite Leiden, so half ses die aand, so dit was al donker, toe ry die trein al stadiger en gaan staan uiteindelik. Ek en Riaan giggel oor gyselaars en so aan, toe kom die afkondiging: "Dames en heren, wij hebben een zwaan op de spoor." Ons lag heerlik. Dink as dit SA was, het hulle net eenvoudig die wipers aangesit.

'n Paar minute later: "Dames en heren... Wij hebben de zwaan aanboord!" Met 'n verduideliking dat die swaan oor 'n paar minute iewers afgelaai gaan word. Op daardie stadium skater ons toe al van die lag.

Want imagine...

Waar is daardie swaan? Sit hy voor by die treindrywer? Is hy iewers in eerste klas aan die swart ry? Of is hy iewers in een van daardie oorvol vertrekkies reg by die deur met 'n groot swaar kondukteur wat op hom sit? Want daardie gediertes is nie vriendelik nie - en hulle is nie klein nie... Ek dink wie ook al die swaan in die eerste plek moes vang, hom moes oortuig om die trein te in en hom verder op die hart moes le om stil te staan en hom netjies te gedra, het sweerlikwaar begin hoop dat die swaan 'n ander manier van selfmoord sal oorweeg volgende keer.

Monday, November 1, 2010

Maandag

Vandag was mistig. So 'n dik mis wat sigbaarheid tot omtrent 50m beperk het.

Hier verdwyn die parkeergarage (met al sy ligte aan) op 'n afstand van seker so 60m.

Daar is iets magies aan die groot hyskrane wat net uit sig verdwyn.


Met daylight savings wat nou weer afgeskakel is - by wyse van spreke - tesame met die iphone bug wat my 'n uur laat gemaak het vanoggend, is ek in die donker vanmiddag by die werk uit. Ek dink die winter het ons ingehaal.

Weerlose weerlose mense

"Weerlose weerlose mense, op reis van peron na peron...
in 'n middernagland sonder grense of tyd
en 'n ewigheid ver van die son..."
(ek dink Koos duP)

Vannaand was die trem stampvol. Vol mense wat elkeen 'n eie oorlog moet oorleef, wat elkeen sy eie swaarkry moet saamdra.

Tania se groen Halloween rok




Klere maak miskien die man, maar dit is die vrou wat die jurk (of die hele outfit) maak.