Ek dink nie daar is soveel vrouens wat na hulleself in 'n spieël sal kyk en dink, sjoe I'm hot! Dalk moet ek noem dat Narcissis nie in my gemanifesteer het nie... Vannaand is Koopavond. Al die winkels is tot 9uur oop. Rods is vannaand in Rotterdam, so ek het 'n vrije avond nog daarby. Toe gaan sny ek maar my hare. Ja, ek weet, antiklimaks ne. Onder andere vra ek toe vir 'n masker. Die masker is vir die hare, nie vir my gesig nie... Deel van die masker se aksies, is dat dit vir 'n halfuur verhit moet word. So sit ek toe onder 'n vreemde hittebol en kyk hoe die stoom wat dit uitstuur al om my ore ontsnap. So, vir ten minste 'n halfuur, was ek hot. Mens moet dit eintlik elke dag van jouself kan sê.
Thursday, October 30, 2008
Vriesland
Net noord van waar ek is, woon die Friese. Ek weet nie of dit is waar Frieskoeie ook vandaan kom nie, maar dis teoreties 'n goeie raaiskoot. Gisteroggend het ek by die woonstel uitgewandel en 'n byt in die lug opgemerk. Mens weet net wanneer die nag onder 0 grade gaan draai het. Mens weet dit net. Ek was dus nie heeltemal so verbaas toe ek sien dat al die karre in die straat behalwe die wat onder die bome geparkeer is, se voorruite heeltemal toegeys is nie. Ek het selfs met 'n bietjie leedvermaak toegekyk hoe een ou dit probeer afskraap het. Die res van gister het heel goed uitgedraai en dit was 'n lieflike sonnige dag - al het die kwik nooit hoër as 10 gegaan nie.
Vanoggend het ek die ys verwag en gevind. Tog te fraai. Oppad Leiden toe sien ek toe iets wat ek gister heeltemal gemis het oor ek toe sommer by die treindeur staan en koerant lees het terwyl ek wag om op die volgende stasie af te spring. Vandag het ek bo gesit met die goeie uitsig wat daarmee gepaard gaan. Tussen die streinspore en op die stawe was dit spierwit. Selfs van die gruis was bedek in 'n lagie watte. Die velde waarlangs die trein verbyhaas, is suiwerwit soos ysskaatsbane en die bome glimmer en skitter vol kristalle. Tussendeur wei die beeste rustig aan hulle grasroomysies en die ganse sit op die wal; vroegoggend vies vir die water. Waar die skape heen is, weet nugter, maar die perde by Voorschoten was vanoggend skoon baldadig. En oor alles, verbeel ek my daar bo uit die trein uit, hang daar 'n stilte so wit soos die winterland.
As 'n landskap binne een nag so kan versuiwer deur slegs 'n lagie ryp, kan ek nie wag vir die eerste sneeu om te val nie.
Sunday, October 26, 2008
Stop de tijd
Wat 'n dag! Gisteraand het ons tot laat gelê en TV kyk met die gevolg dat ek vandag eers - volgens die selfoon 11uur bygekom het. Die sangria mag iets daarmee uit te waai hê. Na ek gaan eet en stort en in die huis rondgedwaal het, het ek die rekenaar aangesit. My rekenaar vertel my toe dat dit vyf oor 11 is. Nou, ek is 'n vinnige meisie, maar...
Vandag het Nederland se daylightsavings afgeskakel of ingeskop. Weet nie presies hoe om dit werk nie. Wat ek wel weet, is dat die 'n ongelooflike lang dag was, dat dit skielik baie vroeër donker is as gister en dat daar op die oomblik drie tye in ons huis vertoon word. Die mikrogolf is nog op die ou tyd (selfde as SA); so ook my selfoon. Ons computers het die regte tyd iewers vandaan gevind en Rods se selfoon ook. Die muurklok in die kombuis het ons vanmiddag so naby drieuur reggestel en dié het net daar vasgehaak. So ek is in 'n huis vol vele tydzones. Dink ek moet gaan bad. En my tyd vat daarmee.

Saturday, October 25, 2008
Torschlusspanik
Torschlusspanik is 'n Duitse woord en vertaal na toe-hek-paniek. Die paniek wat jou oorweldig oor die geleenthede wat jy mis en gaan mis agv jou ouderdom. Dit word dikwels gebruik vir vrouens wie se biologiese klok begin dawer en hullself dus in huwelike en kinderskry instorm.
Saterdag het ek met tannie Martie (Willem se ma) gesels. Ons gesprekke begin altyd met "Hallo Nelle, hoe gaan dit? En is daar nog nie 'n baby oppad nie?" Gewoonlik antwoord ek dit polite met 'n verskoning dat ek darem nog baie jonk is vir kinders kry en dan gesels ons verder oor die alledaagse. Maar die keer besluit ek toe om die gesprek nou maar vir eens en altyd agter die rug te kry en ek vertel haar toe ek kan nie kinders kry nie en wil nie daaroor praat nie.
Nou meeste mense sou so verleë gewees het om so 'n antwoord te kry dat hulle sommer self die onderwerp sou verander. Helaas... Ek het vir amper 'n kwartier sit en luister na hoe ek dan maar iemand moet aanneem en dat ek wel vir die lief sou word. Dalk sommer een van my broer se kinders. Asof Eddie nou sy kinders sommer so goedsmoeds sou opgee... En kyk net na my keuse: Adam is op 'n jaar en 'n half uit die speelskooltjie geskors en Peter het op dieselfde ouderdom 'n oordosis pynstroop gedrink. Dalk moet ek wag en kyk hoe die derde enetjie uitdraai.
Nou het ek sit en dink oor die ouderdom en die geleenthede wat mens verbygaan. Maar daar word ook nuwe geleenthede gebore. Mens kan sê wat regtig op jou hart is en as jy oud genoeg is, sal niemand jou stilpraat nie. Ek kan nie wag nie...

Billy the book case
How to build 3 bookcases in lots of relatively easy steps
Nr 1. Kry dit teen die 33.33 trappies op tot bo in die sitkamer. Dis soos trofeejag; moeilik, maar nie ondoenbaar nie en dit help as jy iemand anders het wat onder dra.
Nr 2. Kry dit uit die bokse uit. Kyk vlugtig na die instruksies en tel die skroefies.
Nr 3. Kry hulp... Dra koeldrank aan en hou die kamera gereed.

Nr 4. Volg die instruksies al lyk die resultaat snaaks.
Nr 5. Pak al die boeke in die huis op een rak in die boekrak. Gebruik die ander twee boekrakke om een grote te maak. Spandeer 'n lang ruk om te wonder waarmee om hom vol te maak.
Jonathan Coulton sing 'n paar briljante liedjies. Daar is die een waar die zombie baie mooi sing dat al wat hy wil doen, is om jou breins te eet. Daar is ook een oor Ikea... Ons het vandag drie boekrakke gaan kry. Hier is 'n step-by-step weergawe van hoe hulle van (swaar!) plat boksies groei tot dit wat in die sitkamer uitgestal mag word. Nou nog net genoeg boeke kry om hulle te vul :)
Nr 4. Volg die instruksies al lyk die resultaat snaaks.
Jonathan Coulton sing 'n paar briljante liedjies. Daar is die een waar die zombie baie mooi sing dat al wat hy wil doen, is om jou breins te eet. Daar is ook een oor Ikea... Ons het vandag drie boekrakke gaan kry. Hier is 'n step-by-step weergawe van hoe hulle van (swaar!) plat boksies groei tot dit wat in die sitkamer uitgestal mag word. Nou nog net genoeg boeke kry om hulle te vul :)
Grys en grou
Sunday, October 19, 2008
Subscribe to:
Posts (Atom)