Saturday, May 9, 2009
Monday, May 4, 2009
Pronkertjies en poeding
Vandag had ek 'n insiggewende gesprek oor hoekom dit so moeilik is om gesond te eet. Om weg te bly van die poeding af, om nie jou will power nie, maar jou won't power uit te oefen. Wanneer mens rook, kan jy ophou, wanneer jy aan dwelms verslaaf is, kan jy gespeen word en jou lewe lank daarvan wegbly. Maar eet... jy kan tog nie regtig ophou eet nie, kan jy? Dis soortgelyk aan die quote van "Give a man a match and he is warm for a minute. Set him on fire and he is warm for the rest of his life..." Soos wat 'n alkholis heeltemal oorboord gaan wanneer hy na jare van droogte skielik weer die wingerdvog ontdek, so is dit met diëte. En niks kan jou regtig daarteen beskerm nie.
Behalwe dalk blommetjies.
Friday, May 1, 2009
Koninginnedag in Amsterdam
Wednesday, April 29, 2009
Koninginne avond 2009
Laas jaar die tyd was ek opgedress in alle oranje klere wat ek gehad het. Truitjie, sokkies en 'n papier kroontjie. Die jaar het ek vir die feather boa gemik. Daar was 'n kermis aan die gang, die middestad het krioel van wemelende vrolike Nederlanders, die musiek het my hart laat bons (nee, regtig...) en daar was meer fietse as wat ek al by 'n stasie gesien het. Ons is so 11uur se kant huis toe. Toe begin die party eers regtig...
Sunday, April 26, 2009
Subscribe to:
Posts (Atom)