Monday, August 31, 2009

Sweet


Rods met Ingrid se dogtertjie, Isabella. Sy is heeltemal gefassineerd met sy baard en snor.

Saturday, August 29, 2009

Wat is die gemene faktor?

Want 'n blog hoef nie sin te maak nie en die foto's hoef geen patroon te volg nie - en tog is daar 'n bindende faktor wewend deur alles heen

waker by die poort
wandelend
waarskynlik chestnuts
wie woorde en sinne op regte papier waag

want ek verlang

weird weird blom en bessies
water, woonbote en 'n rooi fiets
wespe

Thursday, August 27, 2009

Vlissingen

Watter saint die draak doodgemaak het kan ek my nie herinner nie, maar hier is hy en die brons draak ernstig aan die baklei - en dit nogal in die NS-saal waar daar elke dag honderde treinreisigers verbystap. (Edit: St George)

Vlissingen is op die mond van die groot rivier wat Belgie en Nederland skei. Die stuk water was dis al die oorsaak heelwat onmin en meer as een skermutseling. Oor Vlissingen ook die bakermat van die Nederlandse vloot is, is dit met elke oorlog die eerste teiken. Waar in Middelburg nog 'n paar huise oorgebly het na WW2, is Vlissingen heeltemal platgebom. Die herboude huise is op die ou styl gebou.

Dit is hartseer as ek nie in Afrikaans, Engels of Nederlands die woord kan vind vir die hokke waarin hulle die skepe sit en dan die watervlak laat styg of daal om by die van die oseaan aan te pas nie. Maar hier is een van hulle. Droogdokke is blykbaar die regte Afr (en heel moontlik Nederlandse) woord. Lock of locke in Engels.

Mens moet boer met dit wat beskikbaar is. Koeie in die langgras, skape vir die korter wei en as daar niks anders is nie, dan boer mens maar met wind.

Kyk net hoe dapper die windkous daar wapper

Oor die so 'n belangrike strook land is, is die hele kuslyn nou nog vol, wat ek vermoed op die tydstip net ornamentele, kanonne.

Ek sien hy mik reguit oor die grens na die Belge

Die see gee nie altyd terug dit wat sy vir haarself neem nie

Die aresenaal

Jolly Roger van Vlissingen

Michiel de Ruyter wat onder andere 'n groep gelowige Hongaarse predikante in Napels moes gaan red na hulle daar agv hulle geloof tot galeislawe veroordeel is.

Van die oorspronklike stad het bitter min oorgebly na die tweede wereld oorlog, maar die herbouings het so na as moontlik aan die oorspronklike argitektuur gebly.

'n Nie-Somaliese seerower
Hierdie arme kerk! Na hy 'n paar eeue gestaan het, het hy en die helfte van Vlissingen in 1911 rond afgebrand. Dit was so net voor die eerste wereldoorlog. Die oorlog het hy darem oorleef, maar hy is in die tweede een platgevee. Die mense het hom oorgebou met dit van sy stene wat hulle kon vind en wou net op hulle louere rus toe die groot vloed in 1953 Nederland tref. Die kerk is 1.9m diep oorstroom. Na dit het hulle die vloer bietjie gelig sodat die watermerke nou so op 1.75m staan. Ek sou bietjie senuweeagtig wees om in daai gemeente te wees.

Middelburg

Die toring se naam is Lange Jan (Long John) en is saam met die kerk en abdy waaraan dit vas is, die middelpunt van Middelburg se middestad. Vir eens het ek en Rods na die toring gekyk wat amper 100m hoog staan en besluit vandag is ons soos die Leviet in die storie van die Barmhartige Samaritaan. Ons het sommer baie verlangs verby gehou.


Die vloeruitleg van die kerk en klooster

Waar die wyse man sy huis (of kerk) bou

Ek het heelwat opinies oor hierdie muurbehangsel. Eerstens het dit in die kerk gehang en moet dus 'n sterk boodskap uitdra. Go forth and multiply? Wat my ook opgeval het, is hoe groot die ou se voete is... Dis in 'n kerk die en die het 'n reputasie van waarheid, so is this myth busted?

Die oudste orrel in Nederland. As ek reg onthou, kom dit oorspronklik van Utrecht af. Die kerk was oorspronklik Rooms, maar is in die 15-honderds sekerlik geweldadig aan die Protestante oorgelewer. Daarna is die kerkgebou met skeidsmure verdeel in die ou Roomse gedeelte en die nuwer Protestantse area. En mense is bang vir 'n inter-geloofs oorlog...

Van binne die abdy/klooster na 'n interne kruietuintjie

Bietjie kleur vir 'n grou dag
St Joris Doelen reg langs die ou abdy.

-straat of -staat, ons almal het dit nodig

Interessante klok vir 'n land wat nie bekend is vir sy sonskyn nie

Daar was 'n markt aan die gang voor die stadsaal. Ek dink ek is dalk nou uitgemarkt, want al wat ek daar gevind het waarin ek regtig belanggestel het, was middagete. Die stadsaal is geskoei op die van Brussels.

Die Arsenaal
Weerhaan op die Arsenaal. Middelburg is grotendeels platgebom in die WW2, maar ten spyte daarvan het 1100 geskiedkundige geboue oorleef. They just don't build them like they used to...

Dit sou nie Nederland sonder 'n windmeul wees nie. Volgens google earth, is daar allerhande vestinge en mooie patrone om die stadskern wat dit nes 'n ou kasteel laat lyk. Ons het heel opgewonde gaan kyk en gesien die Middelburgers is bietjie lui vir bou gewees. Hulle het net die gragte so op die regte patrone uitgegrawe. Eintlik slim.

Een van die oopmaak-bruggies. Die een pivot in die middel

Lange Jan in die sonskyn

Hoe ry die trein, hoe ry die trein

Dis heerlik om 'n Donderdag van die werk weg te wees en die platteland te gaan ontdek. Die piesangs is vir energie, die cola light vir die dors, die krant vir die verveeldheid en Rods se arm om die res van hom ook mee te bring.

Vir 'n hemelse stukkie was ons kompartement leeg. Geen skreeuende kinders, selfoonbehepte sakevroue, giggelende tieners of snorkende ou omies nie.

Reisgenoot

Eerste prys vir die een wat die ander oorfoon kan vind - die omie oorkant ons het 'n paar minute bestee aan 'n (mentale - gelukkig!) skattejag.

Saturday, August 22, 2009

Fireworks




Ek beluister my kollegas (medewerkers) so. Een van hulle kla dat die vuurwerke uit haar verhouding verdwyn het. Ek sit en dink Be careful what you wish for. Eerstens is vuurwerke harde werk. Nou praat ek nie eens van die goed aan die brand steek sonder om jou vingers te verloor nie. Net om dit (moontlik) te sien, verg al heelwat kalorietjies. Een keer 'n jaar is daar vir drie dae agtermekaar 'n internasionale vuurwerk kompetisie in Scheveninge. Donderdagaand het ek en Thinus en Rods daarheen gefietsd. Dit was heerlik so met die wind van agter. Daar aangekom het die wind egter onplesierig koud en hard begin raak en uiteindelik is die kompetisie, vir daai aand ten minste, afgelas. My plesierige gevoelens het redelik snel weggewaai in die wind-op terugkeer woonstel toe.

Gisteraand was daar egter pragtige vuurwerke. Ons het die trem geneem en ses minute voor die aanvang van die vertoning op die strand nes geskop. Rods het ewe wys sy tripod meegeneem. Terwyl ek nou nie een het nie, het ek my knie gebruik. Na deeglike ondervinding kan ek nou uit ervaring noem dat 'n tripod die beter opsie is...

Selfs foto's neem van vuurwerke, is nie maklik nie. Hoekom sal enigeen dan soveel vertoon en moeite in hulle verhouding wil he?


Friday, August 21, 2009

Bakker


Die skinker het bly leef. As die bakker croissantedeeg klaar geperforeer uit 'n blikkie kon haal, en net ooprol het hy dalk ook. Die pharo sou ten minste impressed wees.