Sunday, August 8, 2010

Nelle in Blue (and white)



Beauty and the beastly green river

Kyk my mooi lang hare

Onderweg in my koets





Vere aan die vals wimpers. Dit was effens lastig in die wind, maar was fantasties om rond te dra. Ietwat moeiliker om vas te kry en ... interessant om af te haal.

My nuwe uitgepofte wit romp

Saturday, August 7, 2010

Sofa so good

Dalk moet ek begin om van Gatesstraat te verduidelik. Gatesstraat in Uitenhage is naby aan die middedorp. Dit is 'n redelike steil straat met aan die bokant 'n video winkel en aan die onderkant kar-onderdele winkels. Die skakelhuisies is piepklein, oud, verslete en goedkoop. Daarom is dit 'n magneet vir 'n sekere tipe koper en huurder. Ons het drie maande daar geloseer terwyl ons gewag het dat ons huis op my ma se naam oorgedra word. Op daardie stadium was ek in die koshuis, dus my ervaring van Gatesstraat was eintlik beperk tot twee naweke of so. Maar twee naweke was genoeg.

Wanneer 'n fight uitbreek (let op - nie as nie) word die hele buurt daarby betrek. Die twee vegtendes - as dit mans is, sal hulle arms in die skewe straat gaan staan en swaai en bulderend hulle griewe teenoormekaar openbaar maak. Intussen kom die mense uit hulle huise gestorm. Twee dra die bier en nog twee dra die sitkamerbank uit. Die word op die voorstoep onder die kruldakkie wat op drie pilare rus, neergeplak en daar word die fight dan meegeleef. Instruksies en kommentaar word van die kantlyn af geskree en as daar uiteindelik 'n wennaar is, is dit met 'n groot gemor dat die klomp weer die bank terugdra in die huis in. Gemor oor dit verby is.

Fights tussen mans en (hulle) vrouens is ook op hierdie manier bygewoon, maar in die geval was daar 'n defnitiewe kantkiessery onder die mense op die kantlyn. Nie lank nie, of 'n stryery sal dan op 'n bank ook uitbreek. Die ongeskrewe regel was dat as daar 'n fight is, dit in die straat moet wees en die twee op die bank sal baklei-baklei die twee in die straat gaan join.

Ons het om twee redes nie ook stoepsitters geword nie. Eerstens was daar my ma wat ons grootgemaak het met die wete dat ons beter is as dit en dat mens jouself veral in die openbaar moet gedra - en tweedens, wel, ons meubels is van hout gemaak en is blerrie swaar!

Hier in Nederland sien mens heel dikwels meubels op straat. Die ongeskrewe reel hier is dat as dit daar staan, jy dit met liefde (maar sonder hulp) mag vat. Studente keer die banke om in die hoop om kleingeld daaruit te kry, bure dra die banke so omkyk-omkyk by hulle huise in, jongmense ry die banke op hulle fietse (I kid you not!) weg en klein kindertjies klouter op en oor dit en bou forte daaruit.

Die bank wat ons vannaand so rustig in die rivier sien afdobber het, was 'n eerste vir my. Ek sit en versin hier stories van hoe dit in die rivier beland het (seerowers, huisboot ongeluk, 'n grusame moord waar van die lyk en bank ontslae moes raak, studente skelmstreke, a jilted lover, 'n druggie?) en wonder hoe lank voor en of die swane en seemeeue daar gaan opklim en nesskop.

A walk on the beach





Korset en romp




Mooi ne?

Vandag was een van daaaaaai dae. Ons sou vanoggend na die Castlefest toe gaan. Maar toe begin die reen en hou aan asof die weer nooit geleer het om iets anders te doen nie. Intussen stap die dag aan en ek dink aha opsie 2. Ons gaan Amsterdam toe na die Gay Pride Parade. Dis nou as hulle in hulle bote en vlotte deur die stad gaan. Mooi pienk. Maar toe wil ek iets happy en gay dra en dis toe nou waar die pers rokkie inkom. Die is al weke gelede amper klaargemaak. Maar die korset moes nog gaatjies kry - en die romp nog hakies en ogies.

Rods het die gaatjies ingesit - en het nou 'n wysvinger waarvan die nael se kleur my rok mooi match. Maar nou dat ek ingekleur en geklee is, is dit ook te laat om Amsterdam toe te jaag. So vannaand gaan ons uiteet. Anders was die dag gewoon een complete verspilling van grimering.

Leiden in die laatmiddag


Daar is 'n groot klomp gebouery in Leiden aan die gang. Die foto is deur die treinvenster geneem een middag die week toe ek ontsnap het.

Onweer

Onderrok in een avond

Kwart voor 12. Die rok uiteindelik klaar. Hy het 'n vreemde geluid aan hom. So 'n swoesj klank asof daar koerant ipv materiaal gebruik is.

Hier het ek net 'n klein bietjie gecheat en 'n pre-made bra-band vasgestik ipv afsonderlike hakies

Om 10uur was die onderrok gedeelte klaar. Ek het 'n ekstra tulle-laag ingesit om die rok mooi styf te laat staan.

Om half sewe was die laaste van die pante asook die stroke sjampagnekleurige tulle uitgeknip.

Kwart voor ses het ek begin lap en patrone oopgooi

Gister by die werk het ek skielik geweet ek gaan nie vandag vir die castlefest my gifappel rokkie dra nie. Hy het in April net-net gepas. Ek is inderdaad 2kg swaarder en hoewel dit gewoonlik geen effek op klere het nie, het ek net die lus gehad vir iets anders. 'n Pof-wit romp onder die blou fantasy rok sal, wel, fantasties lyk...

Ek vertel toe vir Merel my plan om 'n uurtjie vroeg te loop en gou tulle by die mark te gaan haal. Sy reken toe dit is 'n goeie idee - so 'n goeie idee dat sy toe sommer saamkom. Ons is mark toe en het daar rondgedwaal. Daarna is ons stad toe om vir haar nog katoen by Shroder (met 'n umlaut op die o) te gaan soek en toe het ons 'n welverdiende koffietjie by die Hema gaan haal.

Dit was eintlik snaaks. By die Hema vra sy vir tee en ek vra ook vir tee, maar met melk asseblief. Gewone melk - nie koffiemelk nie. Nou my liewe pel Rudie het eendag vir 'n ou gevra om die manager te sien - want hy wil weet hoe lyk 'n ou wat so dom is dat hy iemand soos jy met die publiek laat werk... Ek het gister oorweeg om die manager te gaan sien. Net om te sien hoe so iemand lyk. Want, vertel die meisietjie my, ek kan nie gewone melk kry nie. Ek moet koffiemelk vat. Maar op die counter agter haar, staan die boksies gewone melk. Oop. Ek vra ek wil net 'n klein bietjie onder in my beker he asseblief. Nee, redeneer die wereldwyse meisie, tee in melk kan niet. Hoort niet. En in elkgeval kan die melk nie gescan word nie... Hu??? Merel help my redeneer, maar die kassahulp is vas oortuig dat dit eenvoudig nie gedoen word nie. Soos 'n sjokolade burger. Intussen het sy nou al my teewater getap. Toe vra ek vir 'n koffie verkeerd. Jong, if looks were sperm cells, I'd be pregnant...

My rokkie hier bo is in ses ure gemaak. As mens hom neersit op die vloer, dan staan hy sommer vanself rond. Ek wag nou vir die reen om op te hou dat ek my man en myself kan oortuig om Castlefest toe te gaan. Of Gay Pride. Ek besluit nog. As dit Gay Pride is, gooi ek my pienk romp bo-oor die nuwe witte.