Alkmaar is 'n kaas-dorpie. Hulle het elke Vrydag 'n groot opelug kaasmark. So vertel die Hollandse gidsboekie ons. Wat die gids ons nie vertel nie, is dat dit net tot einde September en ook net in die oggend gebeur. Ons het dus die mark gemis, maar die dorpie met sy ryk tradisies en goetertjies om te sien, het opgemaak daarvoor. Die 'balle' by die standbeeldjie, is eintlik kasies.
Maar wat 'n dag! Ons het in Leiden 'n ou in goudgeel klompe sien rondloop, het oppad Alkmaar toe in die trein die mooiste Nederlandse pophuisies langs die spoor gesien, het gesmile oor die klein dogtertjie wat met die groot hond loop en het 'n interessante gesprek met die man wat vlaai verkoop in Alkmaar gehad. Om een of ander rede is die winkelbase vreeslik vriendelik as hulle mense 'n gebrabbel van Engels en Afrikaans hoor praat. Vandag was heeeeerlik. Ek het geweet ek het vir ma gemis, maar nie besef ek het haar soveel gemis nie. Sy is nog net vir 'n week en 'n naweek hier, so ek gaan elke oomblik geniet.
No comments:
Post a Comment