Wednesday, April 30, 2008

Koninginnedag

Durty Nelly

Sien, julle het dit al die tyd geweet, maar net nooit die bewyse gehad nie. Hier is dit nou. (Al is die Nelle effentjies verkeerd gespel) Dit is 'n hostel en Ierse kroeg baie naby aan die
Walletjiesgedeelte van Amsterdam.

Ladies of negotionable affection - maar volgens kleredrag Trots Hollands



That she is a he. But it is Queen's day after all...


Ons is vandag deur Amsterdam toe vir Queen's day/ Koninginnedag. Al wat Hollander is, was seker ook daar tesame met die helfte van Engeland se jongklomp. Die kanale was toe nie oranje nie :( maar daar was genoeg oranje te sien om enigeen se lus daarvoor te blus. Die snaakste was al die hoede! Die het gewissel van die cute tot die belaglike tot die obsene.

Die strate was toe onder die rommel (en dit maak die Durty Nelly selfs nog meer van pas). Ek wil nie weet waardeur ek alles vandag geloop het nie. Jiggie. My skoene slaap vannaand buite. Defnitief.

Daar is een wonderlike Nederlandse gewoonte wat ek aan gewoond kan raak. Op feesdae trek al wat poffertjie-, pannekoek-, worsbrood-, spinsuiker en beenhammaker bymekaar en lok jou met hulle geure nader. Hulle is baie ver overpriced, maar damn, is daardie goed lekker! Ek sal dalk nog weggelok kan raak van kaas...

Een ding wat die Hollanders kan doen, is feesvier! Hulle daag in hulle massas op, is luidrugtig en vrolik, sing, skree en vloek - en gaan dan laataand huistoe. Hulle neem deel asof daar nie weer so 'n dag van vreugde en verkwisting sal wees nie en ek bewonder hulle vir hulle nasietrots. Al het hulle 'n baie vreemde manier om dit te wys.

Regmaak vir Koninginnedag

Mens wil nou ook nie underdressed voel nie...

Daardie toe-socks kielie mens regtig. Ek het darem 'n regte broek ook aangetrek later. Bietjie koud om so hier rond te loop - kyk hoe reën dit buite.

Tuesday, April 29, 2008

Koninginneavond

HTM - Her Terriblycold Majesty
Her Temperamental Majesty :)

My liefieding. Lekkerste goed daardie in die pakkie. Hulle het kaneelsuiker bo-oor...


Ons is plegtig vertel dat Den Haag die plek is om te wees op die aand voor Koninginnedag. Om die saak in perspektief te stel: Die Nederlanders het bitter, bitter min vakansiedae en as hulle die dag een het, gebruik hulle hom optimaal. Hierdie dag word gevier ter herdenking van hulle baie geliefde oorlede koningin se verjaarsdag. Al wat Nederlandse bloed in hulle are het, of die regte stempel in hulle paspoort het, dra oranje, praat luidrugtig, drink heelwat bier, rook suspect goed en as hulle Y-chromosome het, gebruik hulle die baie weird, baie openbare manstoilette. Dis 'n vreemde vierhoekige vorm wat jou privaatheid baie skraps beskerm terwyl jy sommer so in die openbaar van die bier ontslae raak. (Ek is nog nie so lank hier nie - goed verbaas my nog.)

Die middestad was afgekordon vir verkeer en dit was mond-oophang-lekker om tussen al die verhoë en veestereine deur te beweeg. Ek en Rods het selfs langs die pad sulke oranje krone gekry. Myne het ek opgetel, maar Rods het syne legally verkry. Die het darem die regte (verpligte) kleur aan ons uitrustings gegee. Ons het poffertjies verorber en ons verder vergaap aan die menigtes. Daar was ook 'n pretpark met rides en stalletjies waar jy teddiebere kan wen as jy die regte goed raakgooi/skiet. Die bome was vol groot oranjekleurige ronde ligte wat soos lemoene gelyk het toe hulle later aangeskakel is. (Hier word dit mos eers lank na 9 donker.)

As môre in Amsterdam soos vannaand gaan wees, kan ek nie wag om te sien nie. Daar word oranje kleursel in die kanale gegooi en almal het 'n verskoning om hulle vir 'n dag te wangedra. Ek wil gaan kyk hoe lyk die liberaalste stad wanneer hy hom wangedra :)

Monday, April 28, 2008

Zuiderpark

Tree hugger



My swaan-foto
My family tree can be traced back to the time we were swinging in it...

Een van die mooiste swaan-foto's. Caroline het die een geneem. Ek is nogal jaloers :)


Zuiderpark is 'n massiewe park met 'n diameter van net so oor 'n kilometer. Gedeeltes is natuurlik gelos terwyl ander meer formele tuin is. Ek wonder of swane ook die storie van die lelike eendjie ken.

Sunday, April 27, 2008

Stephen King se vrou

Volgens'n betroubare bron wat dit seker op die ietwat minder betroubare internet gekry het, sê Stephen King hy skryf sy boeke vir een persoon alleen: sy vrou. Dit waarvan sy sal hou, dit wat hy wil hê sy moet lees, dit wat hy weet 'n glimlag op haar gesig gaan bring. Dis 'n goeie idee en ek sal dit in gedagte hou wanneer ek Vanya se opvolg skryf. Vanya, btw, is geskryf vir meer as een persoon se geneë en genoë en word dus opgedra "aan almal wat al ooit een van my koffie/tee bekers vasgehou het..." Maar dit bring my nou by die dilemma oor wie ek in my agterkop moet hou wanneer ek blog. Dit het 'n rukkie se peinsing en selfs raad van vriende gevat, maar op die ou end is dit iets wat mens tog maar vir jouself moet uitsorteer.

Dus

Jammer, Mevrou King. Hierdie blog is nie aan jou opgedra nie.

Foto's van Keukenhof

"But that's just a lot of water underneath the bridge I've burnt" - Trisha Yearwood


"So why don't you chop of children's heads and put them in vases?" - GBS after asked why he does not have flowers in his house. They are, afterall, very beautiful


Net oor jy verskillend is, beteken nie dat jy minder mooi, minder spesiaal of minder geliefd is nie

"Mens hoef nie iets te besit om dit te geniet nie" - AJ Barnard

Een dag na Keukenhof

Vandag het ons natgereën en Rods het sy broek geskeur toe ons teen groot vierkantige dollosse by die hawe opgeklouter het. Exciting lewe die een van my :)

Gister was ons by Keukenhof. Wat sê mens as jy die mooiste tuin waarin jou voete ooit was na die tyd moet beskryf. Hoe verduidelik mens enigiemand van 'n paar miljoen (regitg!) tulpe wat in hulle volle glorie voor jou oë was? Nou weet ek ook wat 'n sensory overload is. Ek met my gladde bek het nie woorde nie. Sal 'n paar foto's -wat die tuin nie regtig justice doen nie- byvoeg. Nog nie goed met blog nie. Sal probeer om die foto's tussen in te sit, maar as dit nie werk nie, sal ek hulle maar appart iewers op die site kry.


Hey, die tuine het ook 'n orgidieëhuis! Dit was amper 'n verligting om op meer bekende gebied te wees. Keukenhof het gewemel van die mense. As die ouens by die hek die helfte laat inkom het, was die tuine steeds oorbevolk. Dit het fotonemery heelwat vergemoeilik. Ten spyte daarvan het ons tussen my, Rods en Caroline pragtig foto's. Caroline se kamera het 'n monsterzoom en sy het dit gebruik. Rods is natuurlik baie goed met foto's en selfs ek het soms onthou om my kamera waterpas te hou.

Na Keukenhof het ons die scenic route huis toe gevolg. Verby dosyne tulpplase gery. Die boere plant dit in rye met eenderse kleure. So hier en daar is daar enetjie in wat nie pas nie, maar meer as 99% van 'n ry is uniform. Rye word gealterneer, so plase eindig op met reënboë wat my sommer baie bly maak dat ek die tyd van die jaar hier is. My pa het 'n baie waar ding gesê. Mens hoef nie iets te besit om dit te geniet nie. Jy geniet dit inderwaarheid meer as dit nie jou verantwoordelikheid is om dit te onderhou nie.

Kruitvat en Albert Hein het albei fotodienste. Mens stuur hulle 'n folder met jou foto's in en hulle print dit vir jou. Hulle print of die foto's gewoonweg, of jy kan 'n fotoboekie saamstel. Ek en Rods is vuur en vlam want dit lyk amazing op die website. Gaan probeer en as dit goed werk, raai wat kry almal vir Kersfees die jaar.

Genoeg gebabbel vir eendag. Gaan kyk of ek die foto's gelaai kry.