Sunday, April 27, 2008

Een dag na Keukenhof

Vandag het ons natgereën en Rods het sy broek geskeur toe ons teen groot vierkantige dollosse by die hawe opgeklouter het. Exciting lewe die een van my :)

Gister was ons by Keukenhof. Wat sê mens as jy die mooiste tuin waarin jou voete ooit was na die tyd moet beskryf. Hoe verduidelik mens enigiemand van 'n paar miljoen (regitg!) tulpe wat in hulle volle glorie voor jou oë was? Nou weet ek ook wat 'n sensory overload is. Ek met my gladde bek het nie woorde nie. Sal 'n paar foto's -wat die tuin nie regtig justice doen nie- byvoeg. Nog nie goed met blog nie. Sal probeer om die foto's tussen in te sit, maar as dit nie werk nie, sal ek hulle maar appart iewers op die site kry.


Hey, die tuine het ook 'n orgidieëhuis! Dit was amper 'n verligting om op meer bekende gebied te wees. Keukenhof het gewemel van die mense. As die ouens by die hek die helfte laat inkom het, was die tuine steeds oorbevolk. Dit het fotonemery heelwat vergemoeilik. Ten spyte daarvan het ons tussen my, Rods en Caroline pragtig foto's. Caroline se kamera het 'n monsterzoom en sy het dit gebruik. Rods is natuurlik baie goed met foto's en selfs ek het soms onthou om my kamera waterpas te hou.

Na Keukenhof het ons die scenic route huis toe gevolg. Verby dosyne tulpplase gery. Die boere plant dit in rye met eenderse kleure. So hier en daar is daar enetjie in wat nie pas nie, maar meer as 99% van 'n ry is uniform. Rye word gealterneer, so plase eindig op met reënboë wat my sommer baie bly maak dat ek die tyd van die jaar hier is. My pa het 'n baie waar ding gesê. Mens hoef nie iets te besit om dit te geniet nie. Jy geniet dit inderwaarheid meer as dit nie jou verantwoordelikheid is om dit te onderhou nie.

Kruitvat en Albert Hein het albei fotodienste. Mens stuur hulle 'n folder met jou foto's in en hulle print dit vir jou. Hulle print of die foto's gewoonweg, of jy kan 'n fotoboekie saamstel. Ek en Rods is vuur en vlam want dit lyk amazing op die website. Gaan probeer en as dit goed werk, raai wat kry almal vir Kersfees die jaar.

Genoeg gebabbel vir eendag. Gaan kyk of ek die foto's gelaai kry.

No comments:

Post a Comment