Friday, April 25, 2008

Einde April in Den Haag

Vandag is 'n Vrydag en ek was veronderstel om Duitsland toe te gaan. Ongelukkig het die vliegtuigverkoue my uiteindelik ingehaal en moes ek 'n keuse maak tussen Oberhauzen vandag of Keukenhof môre. Nou bly ek maar tuis en hoop dat ek môre energie en asem het om die groot tuine aan te durf.

Dis vroeë lente hier in Nederland. Dit beteken ek vries my * af en Rods loop met sy kortmouklere rond. Ek dink steeds daar is fout met sy termostaat. Aan die ander kant is ek die een wat uit die warm SA somer hier aangekom het en nog nie geaklimatiseer het nie.

Hoop dit is al bietjie warmer volgende week, want dan is dit Koninginnedag. Ek het al soveel daarvan gehoor dat ek nie kan wag om te sien of alles waar is nie. Apparantly gooi die Hollanders oranje kleurstof in al wat kanaal is (arme swane) en trek hulle (oranje) blindings af en dra hulle oranje klere om hulle geneë met die monargie hier ten toon te stel. Hulle is nogal lief vir hulle leier as mens na die gewone mense luister. Ek sal maar wag en sien. Wie weet, dalk dra ek ook oranje.

Ons het ons eie plekkie gekry. Dit is naby die see en Westduinpark. Die park is massief en is 'n natuurlike woud. Niks gras en gemanikuurde tuintjies nie. Nie dat gras en tuintjies my veel pla nie. Zuiderpark hier by Thinus is 'n stunning plek (meer as 'n km in deursnee) en ek dink as my neus dit later vandag toelaat, moet ek hom volg dwarsdeur die park. Volgens my ontdekkingsreisigersman, is daar 'n pannekoek-plek reg in die middel...

Dis seker genoeg inligting vir 'n eerste blog. Maar wees nie bevrees nie (wurmpie Jakob) daar kom nog vele. Ek tik immers heelwat vinniger as wat ek skryf...

No comments:

Post a Comment