Wednesday, April 30, 2008

Koninginnedag

Durty Nelly

Sien, julle het dit al die tyd geweet, maar net nooit die bewyse gehad nie. Hier is dit nou. (Al is die Nelle effentjies verkeerd gespel) Dit is 'n hostel en Ierse kroeg baie naby aan die
Walletjiesgedeelte van Amsterdam.

Ladies of negotionable affection - maar volgens kleredrag Trots Hollands



That she is a he. But it is Queen's day after all...


Ons is vandag deur Amsterdam toe vir Queen's day/ Koninginnedag. Al wat Hollander is, was seker ook daar tesame met die helfte van Engeland se jongklomp. Die kanale was toe nie oranje nie :( maar daar was genoeg oranje te sien om enigeen se lus daarvoor te blus. Die snaakste was al die hoede! Die het gewissel van die cute tot die belaglike tot die obsene.

Die strate was toe onder die rommel (en dit maak die Durty Nelly selfs nog meer van pas). Ek wil nie weet waardeur ek alles vandag geloop het nie. Jiggie. My skoene slaap vannaand buite. Defnitief.

Daar is een wonderlike Nederlandse gewoonte wat ek aan gewoond kan raak. Op feesdae trek al wat poffertjie-, pannekoek-, worsbrood-, spinsuiker en beenhammaker bymekaar en lok jou met hulle geure nader. Hulle is baie ver overpriced, maar damn, is daardie goed lekker! Ek sal dalk nog weggelok kan raak van kaas...

Een ding wat die Hollanders kan doen, is feesvier! Hulle daag in hulle massas op, is luidrugtig en vrolik, sing, skree en vloek - en gaan dan laataand huistoe. Hulle neem deel asof daar nie weer so 'n dag van vreugde en verkwisting sal wees nie en ek bewonder hulle vir hulle nasietrots. Al het hulle 'n baie vreemde manier om dit te wys.

No comments:

Post a Comment