Vir ons 10 jaar herdenking het Laura vir ons 'n fantastiese ete gekook.
Sunday, October 14, 2012
Ete by die Thai-Resturaunt
Voorgereg
Mooi opgedisde rys en groente
Kip Kerrie
Eend
Die bolletjie is deep-fried ice cream. Was heerlik.
Mango met soet rys
Mooi opgedisde rys en groente
Kip Kerrie
Eend
Die bolletjie is deep-fried ice cream. Was heerlik.
Mango met soet rys
Behandeling
Die hormonale prys van 'n (moontlike) kind
Ek het begin Oktober 2004 my laaste voorbehoedpil gesluk. Ons was 2 jaar getroud, had albei 'n goeie werk en het gereken dis omtrent tyd om met 'n gesin te begin. Twee kinders, het ek gesê, want ek is nie slim genoeg om net een groot te maak nie. Met die Halloweenfees het ek niks alkoholies gedurf drink nie, want miskien, miskien... Maar geen resultaat.
En toe word Liezl swanger. Hulle was toe seker al 3 of vier jaar getroud, so had seker eerste plek in die rangorde. En ek het babakombersies gemaak.
'n Paar jaar later het ek 'n homeopaat gaan sien. Haar diëet gevolg (geen brood, geen melk...) haar super-watertjies gesluk. Geen resultaat.
Nog 'n jaar of wat later was ek by 'n gynaecoloog. Hy het toetse gedoen, vir Rods laat toets en besluit ek ovuleer nie. Dit het ek bietjie vreemd gevind, want ek het 'n 23-dag siklus. Klokslag. Maar hy weet tog beter... By hom het ek ietwat sterker medisyne gekry en dit mooi soet gesluk. Geen reslutaat.
En toe was Rods se pa in die ongeluk. En ek het desperaat my pilletjies gesluk. En desperaat probeer, want ek was oortuig daarvan dat as ek in sy oor kon fluister hy moet bly leef, want daar is 'n kleinkind onderweg, hy met 'n wonderwerk sou beter word. Maar ook dié desperaatheid kon my nie swanger kry nie. En Dad het gesterf.
My ma is 'n paar maande na dit met kanker gediagnoseer en weereens het ek desperaat probeer. Want in my geestesoog het ek gesien hoe sy die tumore sou beveg as sy weet dat daar (nog) 'n kleinkind onderweg is. My logika het nie in ag geneem dat Adam al byna twee was en dat Peter onderweg was nie en dat, as dit nie genoeg is om haar hier te hou nie, nog 'n kind meer geluk sou hê nie. Maar ek het gebid en gelaat bid en later my gebede verander. En my ma het gesterf.
En toe ek my oë weer uitvee, is ons oppad Nederland toe. Ek het by die LUMC begin werk en lekker gewerk en rondgereis. En in Januarie 2009 die fertiliteitsmense gaan sien. Weereens is ons getoets. Iewers later die jaar is ek geopereer en kon hulle onomwonde sê dat daar niks fout is met my of Rods nie. Al wat hulle gevra het, was dat ek gewig moet verloor voor ek met eers IUI en, indien nodig, met IVF begin.
Twee jaar later, nadat ek besluit het daar is dan niks fout met ons nie en 'relax, it will happen' is ek terug na hulle toe. Want al het ek relax, het niks gehappen. Geen resultaat. Vanaf begin van die jaar het ek 5 behandelins IUI ondergaan. Dis soos kunsmatige inseminasie. Soos 'n koei. Met net 'n hele klomp meer hormone - en al die komplikasies in my sosiale lewe wat daarmee gepaard gaan.
Nou is ek besig met die eerste (mediese fonds betaal vir drie) IVF behandeling. Dit is waarvoor al die inspuitings en pille is. Vir 'n paar dae word ek net een, maar daarna vir die res van die twee weke word ek elke aand twee inspuitings gegee. Arme Roderick moet dit doen. Emosioneel is dit erg. Dis baie erger as wat net die hormone kan veroorsaak. Ek is slaperig. En humeurig. En huilerig. En teleurgesteld, want die internet sê die gemiddelde hoeveelheid follicles (met eitjies daarin) wat vroue produseer is omtrent 12 en ek het maar 4. Ek kan hulle so aan die sykante van my buik voel. (Hulle is so 3cm in deursnee en hard soos albastertjies). Hulle word môre - so op die Maandag - uiteindelik geoes. Na die harvest festival moet ek pille gebruik. Lekker sterk hormoon-aanvullings... Die embrio (as daar een is) word Donderdag teruggeplaas.
My kans op swanger raak, met dié behandeling, is 20%. My kans op 'n miskraam is 40%.
Ek het Oktober 2004 my laaste voorbehoedpil gesluk. Dis nou Oktober 2012. Intussen was ek seker ek wou kinders hê. Intussen was ek seker ek wou liewer sonder kinders lewe. Intussen was ek seker van baie onversoenbare dinge. Intussen het 8 jaar verloop.
Monday, September 17, 2012
EFF Arcen
Die groep in blou en koper
My rok was allesbehalwe klein, maar dit word heeltemal verdwerg naast dié van Laura. Ek moet bieg ek het die hele dag rondgeloop en elke keer as iemand 'n foto van haar neem gedink: I made it, I made it...
Ek en Rods met ons tassies
Detail agter op my rok. Laura het elke liewe rosie gemaak.
Blaaskansie. (Nee, regtig, dit was tyd vir die wc...)
Yvette aan't zonnen
Detail op Yvette se rok. Rods het die gaatjies versigtig een vir een ingeknip. Sy hande moes gaar wees aan die einde daarvan.
Wegkruiper elfie
Serenity
Roderick en Yvette bo-op die boom-uitkykpunt
Laura en Edwin in hulle bypassende uitrustings.
Yvette in haar elfie-uitrusting
My rok was allesbehalwe klein, maar dit word heeltemal verdwerg naast dié van Laura. Ek moet bieg ek het die hele dag rondgeloop en elke keer as iemand 'n foto van haar neem gedink: I made it, I made it...
Ek en Rods met ons tassies
Detail agter op my rok. Laura het elke liewe rosie gemaak.
Blaaskansie. (Nee, regtig, dit was tyd vir die wc...)
Yvette aan't zonnen
Detail op Yvette se rok. Rods het die gaatjies versigtig een vir een ingeknip. Sy hande moes gaar wees aan die einde daarvan.
Wegkruiper elfie
Serenity
Roderick en Yvette bo-op die boom-uitkykpunt
Laura en Edwin in hulle bypassende uitrustings.
EFF Arcen: Laura in Blue and Gold
'n Rok met baie lagies. Onder was die hoepel. Oor die hoepel was die swart onderrok en natuurlik die mooi blou bo-rok bo=oor alles.
Die onderrok was vol net en valletjies om die sleep meer volume te gee.
Bietjie rus op 'n muurtjie. Daar was niks sensible aan die rok nie, maar wel aan die skoene. Elke bietjie help.
Pause - in styl
Die onderrok was vol net en valletjies om die sleep meer volume te gee.
Uiteindelik ten volle geklee met die toutjies voor netjies ingetrek.
Vorstelike Laura
Pause - in styl
EFF Arcen: Laura in action
Ek het dié spesiaal op video en nie op kamera gesit, want ek het gereken as sy in die water induik met daardie rok, wil ek dit bitter graag vir die nageslag bewaar. Natuurlik sou ek haar uitvis. Later.
Die operamusiek in die agtergrond was deur twee Egipties geklede dames gepleeg.
Sunday, August 19, 2012
Nuwe T-hemp
Rods het die vir my saamgebring uit Cologne uit. Ek was nie eens by die GamesCom nie, (and all I got, was an awesome T-thirt...)
Subscribe to:
Posts (Atom)