Sunday, November 30, 2008

Teetijd



Kleintyd se poppespel met al die poppe om die tafel en die kat onwillig op 'n kussing
Teetyd met minatuur koppetjies en pieringtjies
Denkbeeldige tee wat versigtig - pinkie in die lug - geproe word
Onsubstansiƫle koekies vol kersies en versiersels...

Net omdat ek grootgeraak het, beteken nie dat teetyd nie steeds 'n tyd van verbeeldingsvlugte mag wees nie. Dis net jammer die egte tee en koekies is nie so vullend nie.

No comments:

Post a Comment