Monday, August 31, 2009
Saturday, August 29, 2009
Wat is die gemene faktor?
Thursday, August 27, 2009
Vlissingen
Middelburg
Hoe ry die trein, hoe ry die trein
Saturday, August 22, 2009
Fireworks
Ek beluister my kollegas (medewerkers) so. Een van hulle kla dat die vuurwerke uit haar verhouding verdwyn het. Ek sit en dink Be careful what you wish for. Eerstens is vuurwerke harde werk. Nou praat ek nie eens van die goed aan die brand steek sonder om jou vingers te verloor nie. Net om dit (moontlik) te sien, verg al heelwat kalorietjies. Een keer 'n jaar is daar vir drie dae agtermekaar 'n internasionale vuurwerk kompetisie in Scheveninge. Donderdagaand het ek en Thinus en Rods daarheen gefietsd. Dit was heerlik so met die wind van agter. Daar aangekom het die wind egter onplesierig koud en hard begin raak en uiteindelik is die kompetisie, vir daai aand ten minste, afgelas. My plesierige gevoelens het redelik snel weggewaai in die wind-op terugkeer woonstel toe.
Gisteraand was daar egter pragtige vuurwerke. Ons het die trem geneem en ses minute voor die aanvang van die vertoning op die strand nes geskop. Rods het ewe wys sy tripod meegeneem. Terwyl ek nou nie een het nie, het ek my knie gebruik. Na deeglike ondervinding kan ek nou uit ervaring noem dat 'n tripod die beter opsie is...
Selfs foto's neem van vuurwerke, is nie maklik nie. Hoekom sal enigeen dan soveel vertoon en moeite in hulle verhouding wil he?
Friday, August 21, 2009
Wednesday, August 19, 2009
Hoop
Ek weet Paulus het Geloof, Hoop en Liefde saam in 'n bak gegooi en Liefde as die wenner gekies. Dit moet vir Hoop ten minste 'n brons medalje verseker. Die ding is, ek en Hoop loop katvoet om mekaar. Want so angstig as wat ek aan hom vasklou en op hom steun, so tierend verwyt ek hom as dinge nie uitwerk soos ek dit reeds in my profetiese oog sien gebeur het nie. Ek voel elke keer verwerp en verraai as dinge nie uitwerk nie, verwoed - meestal teenoor my self. Dan onthou ek gesegdes soos Die enigste hoop vir jou is die ashoop...
Rods het Vrydag 'n werksonderhoud. Ek hoop hy kry die werk. Want die hoop beskaam mos nie.
Rods het Vrydag 'n werksonderhoud. Ek hoop hy kry die werk. Want die hoop beskaam mos nie.
Wednesday, August 12, 2009
Monster met tande
Ons het Sondag gaan fietsen. Thinus het ons kom haal met sy nuwe fiets wat hy en Rods amper op die Duitse grens gaan haal het. Ek ry mos 'n silwer Jaguar (die fiets, nie die kar nie) en Roderick 'n mooi rooi bergfiets met shocks vir die voorwiel. Sy fiets moes eintlik geel gewees het, want dis 'n lemon daardie. Eers het hy die saal weggesit. Toe knak die handlebars agv 'n skroefie wat losgeraak het. Op ons Sondag uitstappie, is my rugsak dus verder verswaar met twee shifting spanners en 'n skroewedraaier. Gelukkig het Rods besluit om die meeste van die pad te dra.
Gisteraand het ons gaan bobotie eet by Thinus. Dit was absoluut heerlik. Dit was selfs die ekstra bytmerke van daardie monsterse saal van my werd.
Subscribe to:
Posts (Atom)