Sunday, February 13, 2011

Klavier!



Ek het breed geglimlag. Vrydag het ek gou poskantoor toe gewandel en oppad terug by die tweedehandse winkeltjie ingewandel. Hulle het altyd interessante meubels, weird and wonderful boeke, flieks, noem maar op. En kyk is immers gratis. So sien ek toe dat hulle vir die eerste keer klaviere het. Nogal twee! Die prys is glad nie so erg nie. 95 euro (min of meer R900). Met so 'n prys kan mens defnitief twee maal kyk. Dit was op daardie oomblik dat ek die kleiner sticker gewaar. Hulle lewer net tot op die 'begane grond' (die grondverdieping) af. Slim mense daardie. Want ek het klaar in my gedagtes gesien hoe twee tenger outjies die 33.33 trappies na ons woonstel toe aandurf... Hulle blykbaar ook...

No comments:

Post a Comment