Sunday, February 13, 2011

Swartskaap

Ons nuwe Volvo. Met die foto kan ek darem aan mense meer inligting gee as dat hy swart is en 'n Volvo is. Hy bestuur nie te sleg nie. Die stuur voel bietjie swaarder as ons bakkie s'n, maar heelwat ligter as my Toyota s'n. Ok, die Toyota was nie kragstuur nie. Hy is ruim binne en het 'n groot kattebak. Die nuwe radie is nice en mens kan deur die radio bel; dus ordentlik hands free. Mens kan seker die bass opstel sodat die mense met wie jy praat se stemme lekker vibreer. Ek is heel tevrede met die skapie.

No comments:

Post a Comment