Sunday, February 13, 2011

'n Wereld wat van bo na onder na piesangs ruik

Eetstelletjie met die karakters van Janosch se storie van die reis na Panama


Ek het vroeg in my lewe begin lees. Deur die jare het duisende boeke en biljoene woorde hulle weg voor my oe verby gevind. Soms skommel ek stories, soms konglomereer ek hulle. Soms kom hulle helder te voorskyn. Soms moet ek net 'n eetstel soos die hier bo sien om die herinneringe op te tower.

Die storie het ek nog in Montagu gelees. Ons het in 1986 daar weggetrek. Ja, tel maar, dis depressing, is dit nie? Wat ek van die storie kan onthou, is die twee maters - een 'n beer, die ander... nugter weet wat. Volgens kleur seker 'n tier. Hulle het op 'n krat afgekom waarop die woord Panama geskryf is. En die krat het na piesangs geruik. Deur middel van eliminasie en redenasie het hulle toe besluit dat Panama hulle ideale land moet wees, want Panama ruik van bo na onder na piesangs...

Hulle reis het hulle reg rondom die wereld geneem; die wereld is immers rond en as mens lank genoeg aanhou loop, sal jy weer opeindig waar jy begin het.

Ek wonder waarna my ideale wereld ruik. Daar is net soveel opsies: vars brood, rose, sjokolade, kaas... Dalk na boeke.

No comments:

Post a Comment