Vannaand oppad huis toe, was die maan so mooi. Dit was nog effens lig en die sekelmaan en 'n helder ster - wat ek reken Venus is, maar ek was nog nooit goed met astronomie of astrologie nie - het tussen die boomtakke vir my geloer. Bo in die woonstel het ek uitgevind dat maanfoto's nie so maklik is nie en dat die kamera minder vergewensgesind as die oog is. Maar dit is goed om te weet dat die maan en (van die) sterre darem nog sigbaar is in 'n ligbesoedelde Europa. So vir dié wat kom kuier, kan ek 'n blik van die son, maan en sterre belowe.
Friday, January 30, 2009
Sekelmaan

Obese
Ek is 32 jaar oud en het 'n BMI van amper dieselfde. Volgens BMI-kriteria, is ek dus obese. Wat is obese hoeka in Afrikaans? Om op die boonste grens van slegs oorgewig te staan te kom, moet ek 4kg verloor. Dit is haalbaar. Om by die boonste grens van Normaal te kom, moet ek 19kg verloor en om op die onderste grens van normaal te lande te kom, kan ek nog 36kg kwytraak voordat ek as maer geklassifiseer sal raak.
Kyk, ek het geen illusies oor die feit dat daar gedeeltes van my is, wat maar vir goed en ten goede kan wegkwyn nie. Oorgewig, ja. Defnitief. Maar obese?
Voëltjiebad
My oudste broer was nie altyd so gemoedelik soos wat hy deesdae is nie. En as daar nou een ding is wat hom van louwarm tot kookpunt kon bring, was dit as mens vir hom tee in 'n klein bekertjie (koppie) gee. Hy het tirades gelewer oor voëltjiepikkies - wat later van tyd voëltjiebadjies geraak het. So vind my ma toe eendag in Clicks 'n koppie en piering spesiaal vir hom. As ek reg onthou, het daardie beker 'n kapasiteit van 'n liter.
So werk hy daardie dag in die waenhuis en my ma stuur toe spesiaal vir Gesina daarheen met 'n halfvol koppetjie. Eddie gooi sy gewone tirade en Gesina vertel hom as hy nog wil hê, moet hy dit in die kombuis kom haal. Ek wens ek was daardie dag tuis. Hy het glo regtig probeer om die beker leeg te drink, maar helaas, op 'n stadium moes hy toegee dat hy sy versadigingspunt bereik het.
Gister het 'n hele swerm swart voëltjies hier op die dak naas ons woonstel kom bad. Dit was 'n gekwetter en gespeel in die yskoue bad. (Die bad was vanoggend weer spierwit vasgevries.) Van die bad na die boom en terug het die swerm gespeel en geduik en ek het sit en verlang na 'n kans om tee te drink saam met my boeties en sussie. Ek hoop net ek kry nie 'n voëltjiebadjie vol nie.
Tuesday, January 20, 2009
SARS
Ek is besig om te e-file. Dis 'n uitdagende besigheid. Eerstens moet jy jou login-naam onthou. 'n Jaar terug het ek RSnowdowne gekies. Dis maklik, dis eenvoudig, en ek behoort dit darem te kan onthou. In die ideale wêreld sou dit gewerk het, maar SARS het besluit dat ten spyte van die feit dat daar net 14 Snowdownes in die land is, ek 'n vier-nommer agtervoegsel benodig. Ek sou sommer my geboortedatum gekies het as dit my keuse was, maar hulle het self die agtervoegsel aangeheg.
Gisteraand delf ek deur die huis en deur al drie rekenaars tot ek uiteindelik op 'n cd vol dokumente afkom en wonder bo wonder is al die nodige inligting daar. Die jaar is 'n goeie jaar vir e-filing. My baas by Elite College het reeds alles van die IRP5 se inkomste afdeling ingevul en al wat ek moet byvoeg, is die mediese inligting en die pensioen-goed, want dit het ek nie deur die skool gedoen nie. Die mediese inligting was verbasend pynloos om te kry. Gebel en 3 minute later 'n email gekry. Nou wag ek nog net vir PPS om my inligting deur te stuur.
Maar ek het 'n onrusbarende tendens op die SARS website ontdek. Wanneer mens jou inligting save, save die rekenaar dit wel, maar maak jou dokument toe en moet jy alles weer van voor af oopmaak om in te vul. Vul jy wel alles tot aan die einde in, en probeer dan save, dan gooi die rekenaar jou uit, want jy het jou tydslimiet bereik. Daarna swets jy maar saggies, gaan maak tee en probeer vinniger tik die tweede keer.
Die Nederlandse ekwivalent van SARS se advertensie sê Leuker (lekkerder) kan dat nie, makliker wel... Ek sal nog uitvind of dit die waarheid is.

Monday, January 19, 2009
Knieserig
Vandag was 'n weird dag. Vandag was ook 'n baie, baie lang dag. Ek het gister (Sondag) bietjie later gelê as my gewone weeksdagse 6:10 en met 'n krapperige keel en 'n omgekrapte gemoed die dag deurgegaan. Dit was nader aan Valhala as Utopia, maar dit was seker ok.
Gisteraand toe my oë tranerig en my nut vir 'n tissue meer dringend raak, stel Rods voor dat ek 'n Med-Lemon drink. In die advertensies is daar of 'n sangoma wat dit vir mense ingee, of jy sien hoe die ma van die huis dit liefderik aan die siek man of kind gee. Ek herinner my 'n ou wat in so 'n ys-kombers toegewikkel was. Die punt is, die mense is almal in die bed. Ek maak toe my med-lemon en kom sit in die bed om ook die wonderkuur ten volle te benut. Dit was so 10uur.
Om net na twee het ek nou al die volle spektrum van waarom ek nie geslaap kry nie, deurgewerk. Dalk kry my voete te koud. Dus sokkies uit. Dalk is die verwarmer in die kamer aan. Opgestaan en gaan kyk. Nee, ook nie dit nie. Dalk is dit volmaan... paar berekeninge, nee, defnitief nie volmaan nie. Dalk donkermaan? Dalk worry ek oor iets. (Dit het 'n paar meriete.) Dalk is iemand vir wie ek lief is in die moeilikheid. (Ook moontlik, maar gewoonlik het my worries 'n gesiggie by.) Uiteindelik so net na twee gaan lees ek die pakkie. Med-Lemon het 50mg kaffeine in... Nou weet ek dat 50mg genoeg is om my heelnag wakker te hou.
Teen vieruur besluit ek as ek teen 5uur nog nie slaap nie, dan moet ek liewers opstaan, want niks is so 'n wonderlike kuur vir insomnia as die wete dat dit nou opstaantyd is nie. Die voordeel van so vroeg opstaan, is dat mens kan bad ipv stort. Daar is tyd vir al die goed wat mens gewoonlik in die oggend laat verbygaan oor jy net te haastig is.
Ek was vanoggend kwart oor 7 al by die werk en het hard en getrou gewerk. My reaksies is op die robot gesit en ek het konsentrasies gemeet en verdunninge gemaak, maar toe ek begin sequency analise doen, het ek agtergekom dat ek vandag vir die verkeerde pasiënte kanker gaan gee. My kop was geheel en al vol watte en ek het 'n tot-nou-toe onbekende kwaliteit van watte ontdek. Watte kan klop en pyn.
Oppad huis toe het ek met horisontale reën kennis gemaak. Jy hou jou sambreel reg voor jou - en jy moet styf vashou... Ten minste bly jou gesig droog, maar van net bo jou knieë ondertoe, drup teen die tyd dat jy by die trein aankom. Die eerste ding wat ek vanmiddag by die huis kom doen het, was om my ordentlik af te droog, pajamas aan te trek en styf teen die heater te gaan staan.
Soos dit gaan wanneer mens oormoeg is, was ek daarna heeltemal wakker. Ek en Rods had 'n heerlike ertjie en hamsop vir middagete genuttig en ek kom krul toe in die bed op. Vas beslote om met alles en almal te chat. Daardie voorneme het gehou tot my kop kussing geraak het. 'n Hele paar uur later voel ek nog knieserig en tam, maar nou sien ek ten minste weer kans vir die lewe. Maar ek het 'n baie beter insig in hoekom katte so graag doedoe.

Sunday, January 18, 2009
want my Mommy
Rods is al die hele week knieserig. Hoesserig, heserig. Ek het simpatie daarmee, maar redelik oppervlakkige simpatie. Mans word mos altyd in die oortreffende trap siek, so ek reken die vierkantswortel van hulle sigbare siekte uit, en handel daarvolgens. Vanoggend het ek egter met 'n krapperige keel en 'n ooreenstemmende gemoed ontwaak. Moenie eens daaraan dink om vir my jammer te voel nie. I've got that job covered. Maar die oomblik as die liggaamlike weerstand laag raak, volg die emosies dieselfde weg en dan wil ek my ma hê. Nou dadelik, asb.
Om die dag om te kry, het ek kwaliteittyd met die binnekant van die huis deurgebring. Eerstens het ek 'n pakkie opgemaak. Hoop daar is 'n paar glimlaggies in SA.
Die kershouer was 'n present van Thinus. Wanneer die kers binne aangesteek word, skitter die kamer in derduisende gerefrakteerde gekleurde liggies. Tog te fraai. Die sonskyn daarop is self vrolik.
Vroegoggend het dit gesous en het die wind nuwe landspoedrekords probeer opstel. Later vanmiddag het die son uitgekom, maar die wolke nie gewyk nie. Die voëls het uiteindelik kansgesien om ook hulle vlerke bietjie te rek. Die eindresultaat is iets wat Rods my verduidelik ek 'n HDR foto van sal moet neem. By gebrek aan geduld en wysheid, het ek maar net gepoint and shoot. Kyk hoe wit is die gebou teen die moerige grys lug.
Iewers, ' n dekade of meer gelede, het iemand 'n broeipaar of dalk selfs meer van 'n groen pappegaai-soort losgelaat. Deesdae sien mens hulle in swerms (troppe, kuddes) van tot 50 oral in Den Haag. Ek kry hulle nogal jammer in die wintermaande. Hulle is somer en winter lief daarvoor om in die boom oorkant die kanaal te gaan speel. Daar hop hulle van tak tot tak en maak 'n groot hoeveelheid geraas. Ek moet sê dat hulle makliker afneem in die winter wanneer hulle nie die kamoflering van die blare het nie. Die foto is op maksimum zoom geneem.
Saturday, January 17, 2009
Subscribe to:
Posts (Atom)