Friday, January 30, 2009

Sekelmaan


Vannaand oppad huis toe, was die maan so mooi. Dit was nog effens lig en die sekelmaan en 'n helder ster - wat ek reken Venus is, maar ek was nog nooit goed met astronomie of astrologie nie - het tussen die boomtakke vir my geloer. Bo in die woonstel het ek uitgevind dat maanfoto's nie so maklik is nie en dat die kamera minder vergewensgesind as die oog is. Maar dit is goed om te weet dat die maan en (van die) sterre darem nog sigbaar is in 'n ligbesoedelde Europa. So vir diƩ wat kom kuier, kan ek 'n blik van die son, maan en sterre belowe.

No comments:

Post a Comment