Thursday, January 1, 2009

Jelly Tots en Suurwurms

2008 Stock Take

Die soet
  • Ek het 3000+ km vrou-alleen gery, self bestuur, self gestop waar en wanneer ek wou. Was goed vir die siel en vir die selfbeeld.
  • Vir die eerste keer ooit gaan paraglide. Niks soos 'n bietjie adrenalien om mens aan die gang te hou nie.
  • Ons het Holland toe getrek: stroopwafels, kaas, tulpe, die res van Europa 'n klipgooi weg.
  • Ek het werk gekry in Leiden. Regte navorsingslabwerk. Die mense is gaaf, die werk is heerlik en ek het elke tweede Vrydag af.
  • Dit was 'n ooievaarsjaar. My vriende het so op 'n streep swanger geraak en hulle gesinne vergroot. Dis eintlik 'n soetsuur een dié, want ons is steeds slegs twee, maar die liggie skyn nog helder.
  • Ons het Europa gaan herontdek. Was in Duitsland, België, Frankryk en Engeland.
  • My pa het iemand ontmoet met wie hy bereid is om 'n huis en lewe te deel.
  • Daar is 'n groot Christelike oplewing in my familie
  • "My" matrieks het darem goed gedoen.
  • Rods se ma het vir ons kom kuier.
  • Ek het ontdek dat Kalahari en Amazon regtig pakkies by ons voordeur kom aflewer - nogal in rekordtyd.

Die suur
  • Rods het 2.5 maande voor my Nederland toe gevlieg en ek moes self regkom met die oppak van ons SA lewe. Was 'n alleentyd.
  • Van ons vriende se verhoudings het stormagtig geraak. 'n Paar is geskei, van die ander baklei nog (met mekaar en/of vir hulle verhouding)
  • Gesina moet uit die Kaap trek Riversdal toe. Dis darem slegs vir 'n jaar.
  • Ek verlang my half simpel na my familie en vriende en ek worry my siek oor my honde en kat. Maak nie saak dat die brein weet alles is goed en ok nie, my hart bly seer.
  • Ek het nog nie 'n kerk hier in Holland gevind waar ek tuis voel nie. Nou nog nie.
  • Soms ontdek mens 'n sy van jou persoonlikheid wat jou skok. Ek het die jaar daardie gedeelte van myself ontmoet.
  • Ek verlang na sout en asyn chips en biltong

No comments:

Post a Comment