Sunday, September 18, 2011

Elf Fantasy Fair Arcen: Ek en Roderick





Elf Fantasy Fair Arcen: Laura



'Slangvel' vleugeltjes



Haar oë het my regtig uitgefreak, maar dit was fassinerend.


Monday, September 12, 2011

My rok in wording

My gewaad bestaan uit 'n hoepel cage-onderrok, 'n onderrok van netting en dan die romp bo-oor. Ek beplan om 'n korset oor 'n kant driekwartmou toppie te dra. Aan die kant-top, moet die losstaande moue vasgebind word. Die romp het 'n baie lang sleep van dieselfde skitterende silwermateriaal as die aan die voorkant van die rok. Ek gaan fantasties lyk!

As ek tyd en geduld en nog lus het na ek nou gou 'n dubbelsydige vampiermantel gaan maak, wil ek probeer om ook 'n groot kraag te bewerkstelling uit dieselfde materiaal. Wants; not needs.

Detail op die voorkant

Een van die moue

Laura se top in wording


Ek is verskriklik trots op Laura. Sy het hierdie moeilike projek self aangepak; alles uitgeknip, aanmekaargewerk en afgewerk. Baleine is op die lining vasgewerk en die twee gedeeltes moes dan ook aanmekaargesit word. Geen kleine takie nie. Al waar ek handjie bygesit het, was by die moue. Dit is pragtig, maar daar is 'n rede waarom sommige naaisters chiffon eers in suikerwater week voor hulle eens probeer om daarmee te werk...

Op die stadium moet die moue nog some kry - miskien moet dit gebrand word - en die voorkant van die top moet ring-gaatjies kry soos vir 'n korset. Handwerk, dus.

Natasha se romp in wording

Die 'buitenste laag' bestaan uit drie lae: Daar is 'n laag van net, dan 'n laag satyn (met kant daarop vasgewerk) en bo-oor swart organza.

Die 'binneste laag' bestaan uit die twee lae satyn en ewe breed, maar dubbel lae net. Alles moet ingeryg en aanmekaar vasgewerk word.

Die onafgewerkte eindproduk. Om die middel is dit redelik dun, maar dit begin uit te klok van om die heupe af. Op die stadium kort dit nog 'n soom en hakies en ogies, maar dit is byna klaar.

As dit ooit nodig is, kan die rok vir 'n can-can dans gebruik word...

Saturday, September 10, 2011

Fun at Rat's

Rat het die interessantste speelgoed...

... and a rather large... uhm.... instrument

Thursday, September 1, 2011

Memphis Maniacs

Die manne van Memphis Maniacs in aksie. Ek het 'n video ook geneem, maar my foon se mikrofoon is nie bestand teen die klanke wat daar voortgespring het nie. Hulle is 'n fantastiese groep. Het bietjie stadig na my sin begin, maar aan die einde van die aand het ons almal gespring vir I like the way you mo-ove.

Een van die gekke studente aan die afduik op 'n stapel kussings. Dit is sekerlik een van die redes waarom vrouens lange leef as mans. Die ou het my egter breed aan die smile gehad. Ek wonder of hy weet wat sy T-hemp beteken...

Opgedress vir die rock-konsert

Absoluut opgedress vir die rock konsert.