Saturday, April 30, 2011
Begrafplaas by Mont Martre
Daar is 'n massiewe brug oor alles gebou. Die grafkelders pas mooi onder die brug se steunpilare in. Regtig met deernis ontwerp, dink ek. Tussendeur is nuwer, meer moderner, meer artistiese grafte, maar die waarvan ek hou, is die oues waarop die mos groei. Ook het ons 'n swart kattie daar gesien. 'n Swart kattie in 'n archaiese begrafplaas.
Gelukkig ken my vriendin my en sy moes die verlange in my oge sien toe ek op daardie brug staan en afstaar na die begrafplaas onder my. Sy het vir ons 'n ingang gevind en rustig gaan sit en roomys eet terwyl ek gekyk en geclick het. So ken jou vriende jou, ne? Maar, natuurlik, wil ek meer. Wil ek met 'n vol kamera en 'n vol dag voor my die uithoeke van die laaste rusplek van soveel generasies gaan verken. Volgende keer.
Paris saam met J-M
Tuesday, April 19, 2011
Daggie Brussels
Met ons tasse net neergeplonk, skuif ons die beddens uitmekaar en toe ek wil toilet toe, ondek ons aan die bo-kant van die trap nog 'n kamer met nog so 'n bed en 'n volledige badkamer met 'n bad. Dit was hemels.
Nom nom nom
Hierdie is die enigste hoek waaruit 'n normale kamera die groot toring op die Marktplein kan afneem
Brusselse kant
Brusselse tapestries
Mannekin pis vir 'n slag sonder klere aan
Sommerso op die grond tussen die cobblestones
want want want
Ons het geinspekteer, maar hy was nie regtig van sjokolade nie
Sakeman in sy pak tydens die middaguur voor die katedraal
Die Brusselse katedraal wat heelwat ooreenkomste toon met die Notre Dame in Paris
'n Fantastiese kasteelring
Die tourist trap doodstil op 'n Woensdag oggend
Belgie... waar regen tipies is
Ek reken op die punt van delirium, sal mens seker pien olifante begin sien
Stegie
Mechelen se kerktoring vanaf die stasie
Ek is heel trots op die foto. Dit is geneem vanuit ons snel bewegende trein van 'n ander ewe snel bewegende goederetrein
Subscribe to:
Posts (Atom)