Tuesday, June 2, 2009

Special features - updated


Ons het in Hotel Hirschberg gebly die naweek. Voor die naweek het ek heel smalend na 'n ander hotel verwys waar 'n Elevator die special feature was. Wel, slim en sy baas... Ons kamer was op die tweede vloer. Dit het uitgekyk oor boorde vol Kersiebome en velde gevul met ryp aarbeie. Langs die hotel was daar 'n oulike kruietuintjie en voor die hotel rosies.

Die hotel is bestuur deur 'n vriendelike ou omie en tannie. Hulle was al twee keer in Suid-Afrika en ons het interessante gesprekke gehad. Waar hulle Engels hulle in die steek gelaat het, het hulle in Duits oorgeslaan en ek was verbaas hoe maklik dit was om te volg. (Ons het die hartseer nuus oor die gevalle vliegtuig later die dag op die radio se nuus gehoor en verstaan.) Ontbyt was continental (brood en kaas) met 'n gekookte eier elk. Maar daar was 'n groot pot tee by, so die ontbyt, volgens my ten minste, was wonderlik... En ek het elke keer diep binne-in gesmile wanneer hulle op 'n dankie reageer. Die Nederlanders antwoord alstublieft pleks van plesier. Soos in: Hier is jou kleingeld. Dankie. Alstublieft. Die Duitsers gebruik bitte soortgelyk. Die Nederlanders en Duitsers het dus 'n verstaanbare, maar snaakse gewoonte om, wanneer hulle met jou Engels praat, dankie-sinne met Please te antwoord. Hie hie. Breakfast was wonderful, sal ek noem. Please...

Die lekker hotelletjie het toe nie 'n hysbak gehad nie. Sal my leer om te lag vir advertensies. Volgende keer sal ek dalk nie eers daaroor blog nie. So, het ek my les geleer? Ja, dankie. Please... :)

Neuswanstein van onder en bo

Daar is vier maniere om daar bo uit te kom. Per bus of per perdekar kan mens halfpad teen die berg op. Daar is die kabelkarretjie, maar om daar uit te kom, is verder as om die laaste opsie te kies. My knie is nou nog seer.

Bo op die heuwel, trots, manjifiek en elke treetjie teen die steil berg op, werd.

Op hierdie punt het ek amper begin huil. Daar word herstelwerk gedoen aan die kasteel en die hele mooi voorkant (agterkant?) is toegespan.


Die foto is spesiaal vir my sussie en broers. Onthou julle ook die legkaart?

Ek is jammer vir die geel kasteel. Die kasteel moet 'n goeie idee gebou het van hoe dit voel om die lelike stiefsussie te wees, want met die sprokieskasteel op die oorkantste heuwel, wie gaan hulle nou deur die geel mure laat verlei om nader ondersoek in te stel?



Alle stories het 'n begin. Sprokies begin met 'Eendag lank, lank gelede...' Wel, eendag lank, lank gelede was ek 'n dogtertjie. Ouer as 10, jonger as 18. Ons het nie 'n TV gehad nie en het soms afleiding gesoek van die gelesery. Dit is waar my ma se legkaarte handig te pas gekom het. Een van hulle was natuurlik hierdie kasteel. Ek onthou dat ek die legkaart gebou het en myself belowe het dat ek eendag hierdie kasteel self sal sien en aan hom sal raak. Nog 'n dingetjie wat ek nou met 'n regmerkie mag merk.

Friday, May 29, 2009

Special features

Ons moet die kar Woensdag teruggee. Dis die donker wolkie. Die silwer randjie is dat ons die langnaweek vir oulaas Duitsland toe gaan. Die plan is om beide aande in Hirschberg te oornag. Saterdag gaan ons al in die Rhein-vallei afry en kastele kyk. Sondag ry ons deur die Swartwoud. Maandag ry ons terug Nederland toe.

So 'n beplannery gaan altyd met heelwat internet-navorsing, bietjie stryery en 'n groot klomp gelesery gepaard. So lees ek mooi versigtig wat die verskillende hotelle ons bied. By die meeste goedkoop hotelle, is ontbyt nie ingesluit nie, maar jy kan dit boek teen 14 - 20 euro per persoon. Eish! By van hulle moet mens parkering betaal.

Een of twee van hulle sluit 'n sauna of swembad in as features. Daar is ook car parks, babysitting, hairdriers en natuurlik my absolute gunsteling: By een van die Duitse hotelle, is daar onder features 'n heel besonderse en ietwat kommerwekkende inskrywing: Elevator... Beteken dit dat die ander dit nie het nie? Of beteken dit dat dit daardie hotel se enigste claim to fame is? Nugterweet... Maar vir die wis en onwis het ek liefs 'n ander hotel geboek.

Friday, May 22, 2009

Haarlem

Die res van die blok behoort aan V&D - 'n department store, maar die drogistery winkeltjie op die hoek het in die 30'er jare geweier om te verkoop. Nou is dit seker redelik teesinnig geinkorporeer in die V&D.

Een van daardie dinge waaroor ek en Roderick nie saamstem nie. Ek dink hierdie lampies is te wonderlik vir woorde (maar met my Maleisiese bloed, verstaan ek waar daardie siening vandaan kom). Kleurvol, vriendelik, fyntjies verwerk met die mooi filigree patroontjies... My liewe man dink dit is 'wheg'.

Grote marktplein in Haarlem. Daar was die een na die ander troue en die bruide het sommer so tussen die restaurant besoekers rondgeloop en hulle foto's laat neem.

Ek dink die kerktoring is uit hout gebou. Soos die res van Nederland, is ook Haarlem op sand gebou en sand is onvergewensgesind teenoor swaar geboue met magtige torings.



Goedjies om oor te gesels

Kerkdeur
Hermes?

Museum met die kerktoring in die agtergrond

Die Amsterdam waterpoort. Al wat oorgebly het van die oorspronklike vierkante stadsmuur.

Latijn voor dapperheid heeft geweld overwonnen

Clementis

Ma en Rods


In die middeleeue was Haarlem een van die rykste Nederlandse stede. Die stad was oorspronklik vierkantig - in die vorm van Jerusalem - gebou. Die hout geboue het bygedra daartoe dat Haarlem 'n keer of wat afgebrand het, maar dit is altyd weer vinnig herbou. Van die oorspronklike muur het slegs die waterpoort oorgebly. Haarlem het mooi ou geboue, krom straatjies, winkeltjies, kerke en eetplekke, maar die dorpie voel onwerklik; selfs 'n bietjie vals. Mooi om na te kyk, heerlik om in rond te dwaal, maar nie die plek vir my nie.

Tussen die grafte

'n Grafsteen wat absoluut niks en absoluut alles inkorporeer

Mooi genoeg vir troufoto's
Die Nederlandse grafte word goed versorg. Daar word tuingemaak op die grafte en selfs die grafte van mense wat al jare oorlede is, word nog baiemooi onderhou. Beeldjies is skaars, maar daar is ook grafte met soveel beeldjies dat mens wonder wat in die versorgers se koppe aangegaan het.
Rustende engeltjie

Boom- engeltjie

Sunday, May 17, 2009

Coeln, Keulen, Cologne, Köln

Die kunstmuseum wat op die fondamente van die ou Romeinse geboue gebou is. Die blokkies in die muur sorg vir natuurlike lig sowel as ventilasie binnekant.

Roderick rustend by die kunstmuseum. Hy en Tania het die 533 trappies van die Dom gaan aandurf. Die ingang na die torings is in 'n sadistiese oomblik een verdieping laer geskuif...

Dinge wat mense vir geld sal doen... Die ou het sy grand piano op daardie trolletjie oor al die kobble stones gestoot tot reg in die middel van die koopstraat. Die klavier was heel vergewensgesind en ons het vir 'n hele rukkie daar staan en luister na die klanke wat die man kon optower.

Op hierde foto moet ingezoom word. Die Rotbusch (rooibos) is snaaks genoeg, maar langs dit is daar ook Pure Lust en een met 'n engeltjie en een met 'n duiweltjie op. En ek is so lief vir tee...

Een van die mooi handgekerfte kerkbanke in die Dom

Kerk, roos en toring... Dit klink soos die begin van 'n sprokie

Pilare in die Dom
Deurhandvatsel
Kerkie aan die ander kant van die Rhein. Gelukkig het ek 'n goeie zoom. Kyk hoe kwaad lyk die wolke nog. Dit het heeldag gedreig om te reën, maar het gelukkig nie.

Ongelooflike detail op 'n drein deksel

Uitgeputte medereisigers by die oorspronklike plek waar Eau de Cologne (of soos die Duitsers die so mooi steel, Kölnische Water) vervaardig is.

And beyond


Teen 120km/h is hy nogal verbasend in fokus. Die is een van 'n menigte kunswerk wat op elke oop kolletjie in Nederland ten n