Tuesday, June 2, 2009

Neuswanstein van onder en bo

Daar is vier maniere om daar bo uit te kom. Per bus of per perdekar kan mens halfpad teen die berg op. Daar is die kabelkarretjie, maar om daar uit te kom, is verder as om die laaste opsie te kies. My knie is nou nog seer.

Bo op die heuwel, trots, manjifiek en elke treetjie teen die steil berg op, werd.

Op hierdie punt het ek amper begin huil. Daar word herstelwerk gedoen aan die kasteel en die hele mooi voorkant (agterkant?) is toegespan.


Die foto is spesiaal vir my sussie en broers. Onthou julle ook die legkaart?

Ek is jammer vir die geel kasteel. Die kasteel moet 'n goeie idee gebou het van hoe dit voel om die lelike stiefsussie te wees, want met die sprokieskasteel op die oorkantste heuwel, wie gaan hulle nou deur die geel mure laat verlei om nader ondersoek in te stel?



Alle stories het 'n begin. Sprokies begin met 'Eendag lank, lank gelede...' Wel, eendag lank, lank gelede was ek 'n dogtertjie. Ouer as 10, jonger as 18. Ons het nie 'n TV gehad nie en het soms afleiding gesoek van die gelesery. Dit is waar my ma se legkaarte handig te pas gekom het. Een van hulle was natuurlik hierdie kasteel. Ek onthou dat ek die legkaart gebou het en myself belowe het dat ek eendag hierdie kasteel self sal sien en aan hom sal raak. Nog 'n dingetjie wat ek nou met 'n regmerkie mag merk.

No comments:

Post a Comment