Tuesday, June 2, 2009

Special features - updated


Ons het in Hotel Hirschberg gebly die naweek. Voor die naweek het ek heel smalend na 'n ander hotel verwys waar 'n Elevator die special feature was. Wel, slim en sy baas... Ons kamer was op die tweede vloer. Dit het uitgekyk oor boorde vol Kersiebome en velde gevul met ryp aarbeie. Langs die hotel was daar 'n oulike kruietuintjie en voor die hotel rosies.

Die hotel is bestuur deur 'n vriendelike ou omie en tannie. Hulle was al twee keer in Suid-Afrika en ons het interessante gesprekke gehad. Waar hulle Engels hulle in die steek gelaat het, het hulle in Duits oorgeslaan en ek was verbaas hoe maklik dit was om te volg. (Ons het die hartseer nuus oor die gevalle vliegtuig later die dag op die radio se nuus gehoor en verstaan.) Ontbyt was continental (brood en kaas) met 'n gekookte eier elk. Maar daar was 'n groot pot tee by, so die ontbyt, volgens my ten minste, was wonderlik... En ek het elke keer diep binne-in gesmile wanneer hulle op 'n dankie reageer. Die Nederlanders antwoord alstublieft pleks van plesier. Soos in: Hier is jou kleingeld. Dankie. Alstublieft. Die Duitsers gebruik bitte soortgelyk. Die Nederlanders en Duitsers het dus 'n verstaanbare, maar snaakse gewoonte om, wanneer hulle met jou Engels praat, dankie-sinne met Please te antwoord. Hie hie. Breakfast was wonderful, sal ek noem. Please...

Die lekker hotelletjie het toe nie 'n hysbak gehad nie. Sal my leer om te lag vir advertensies. Volgende keer sal ek dalk nie eers daaroor blog nie. So, het ek my les geleer? Ja, dankie. Please... :)

No comments:

Post a Comment