Sunday, June 7, 2009

Waar ou Heidelberg nie aan die Suikerbosrand hang nie


Hier by die poort was glo 'n regte bobbejaantjie, wat as jy na hom kyk en lag, hy vir jou 'n spieël gewys het... Selfs so ver terug as die 15-honderds was daar al 'n standbeeldjie by die ingang, maar die het glo in die 17-honderds verdwyn. Hierdie enetjie is iewers in die laaste eeu daar geplaas.



Poort die stad in


Heidelberg kasteel, waarvan die bastion regs voor steeds beskadig is, het deur soveel oorloë staande - wel, semi-staande - gebly dat dit 'n wonder is dat die Student Prince-stad nog bestaan. Daar is tougetrek deur soveel nasies, dat ek wonder of hulle regtig nog Duits praat dara binne. Op 'n stadium het die mooi kerk aan die regterkant van die foto beide protestante en katolieke bedien. Inter-religieuse storms is egter nie naastenby so erg as die intra-soort nie. Die kerk is uiteindelk aan die katolieke gegee, maar ek kan dink met hoeveel vrolikheid daardie aksie ontvang is en dink die mense se hantering van die situasie, is 'n bydraende faktor waarom die koninklike hof na Mannheim verskuif is. Toe die volgende koning in die middel 17-honderds aan bewind kom, wou hy graag die hof terugskuif na Heidelberg toe. Hy het dit egter as 'n Goddelike teken gesien toe weerlig twee maal binne een aand die kasteel aan die brand gesteek het en liewers in Mannheim gebly. Wyse man.

No comments:

Post a Comment