Sunday, June 7, 2009

Die Mausturm

Kasteel Ehrenfels met die puntjie van die Muistoring voor hom. Ongelukkig was daar 'n treinstasie tussen ons en die rivier en kon ons nie 'n mooi foto van die toring alleen kry nie. Volgende keer.


Die muistoring is by die dorpie Bingen. Volgens legende was daar 'n nare biskop Hatto. Om 'n baie lang storie te verkort: Daar was 'n vreeslike hongersnood in die land en die nare man het in sy kasteel gewoon en soos 'n koning geleef, want hy had skure vol graan. Al wat mens is, van heinde en verre, het my hom kom kerm oor kos tot hy moeg daarvoor geraak het en hulle vertel het dat hulle almal in sy groot skuur moet bymekaarkom dat hy hulle kan kosgee. Toe almal binne is, het hy die deure gesluit en die plek aan die brand gesteek. Hy het na hulle angsgille verwys as die gepiep van muise.

Die volgende dag is sy kasteel oorvloei met muise wat aan alles en almal geknaag het. Om hulle te ontvlug, is hy na die toring in die middel van die Rynrivier. Maar daardie nag het die muise oorgeswem... Sy gille, die geskarrel van naels op klip en die fyn gepiep van muise kan glo nog steeds snags daar gehoor word.

No comments:

Post a Comment