Sunday, June 7, 2009
Kastele en vestings
Die een plek waar hulle egter sonder 'n muur moes klaarkom, was in die kerk. Daar het 'n swaardgeveg ontstaan. Die meisie het die twee probeer uitmekaarhou. Dit was nie heeltemal so slim nie, want sy is per ongeluk doodgesteek. In die daaropvolgende tweegeveg is beide broers toe ook oorlede. Legende vertel net dat die pa se hart hierdeur gebreek is. Ek wonder wat van die arme griekse vrou geraak het.
Die Mausturm
Die muistoring is by die dorpie Bingen. Volgens legende was daar 'n nare biskop Hatto. Om 'n baie lang storie te verkort: Daar was 'n vreeslike hongersnood in die land en die nare man het in sy kasteel gewoon en soos 'n koning geleef, want hy had skure vol graan. Al wat mens is, van heinde en verre, het my hom kom kerm oor kos tot hy moeg daarvoor geraak het en hulle vertel het dat hulle almal in sy groot skuur moet bymekaarkom dat hy hulle kan kosgee. Toe almal binne is, het hy die deure gesluit en die plek aan die brand gesteek. Hy het na hulle angsgille verwys as die gepiep van muise.
Die volgende dag is sy kasteel oorvloei met muise wat aan alles en almal geknaag het. Om hulle te ontvlug, is hy na die toring in die middel van die Rynrivier. Maar daardie nag het die muise oorgeswem... Sy gille, die geskarrel van naels op klip en die fyn gepiep van muise kan glo nog steeds snags daar gehoor word.
Waar ou Heidelberg nie aan die Suikerbosrand hang nie
Heidelberg kasteel, waarvan die bastion regs voor steeds beskadig is, het deur soveel oorloë staande - wel, semi-staande - gebly dat dit 'n wonder is dat die Student Prince-stad nog bestaan. Daar is tougetrek deur soveel nasies, dat ek wonder of hulle regtig nog Duits praat dara binne. Op 'n stadium het die mooi kerk aan die regterkant van die foto beide protestante en katolieke bedien. Inter-religieuse storms is egter nie naastenby so erg as die intra-soort nie. Die kerk is uiteindelk aan die katolieke gegee, maar ek kan dink met hoeveel vrolikheid daardie aksie ontvang is en dink die mense se hantering van die situasie, is 'n bydraende faktor waarom die koninklike hof na Mannheim verskuif is. Toe die volgende koning in die middel 17-honderds aan bewind kom, wou hy graag die hof terugskuif na Heidelberg toe. Hy het dit egter as 'n Goddelike teken gesien toe weerlig twee maal binne een aand die kasteel aan die brand gesteek het en liewers in Mannheim gebly. Wyse man.
Thursday, June 4, 2009
Drie lande, Drie dae, Drie duisend kilo's
"From the moment your knuckles turn white, until the moment you regain conciousness, it is the
ride of your life..."
Saterdag is ons hier uit en in die kar in oppad na ons Duitsland-ekskursie. By die laaste stop in Nederland, het ons die kar vol diesel gestop en twee interessante studente ontmoet; Joost en Arno. Hulle het deelgeneem aan 'n lift-kompetisie van Nederland tot die Ruhr-gebied in Duitsland. Ek is redelik seker hulle het gewen. Hulle reken die Jaguar was die vinnigste en mees luukste rit wat hulle nog gehad het. Grand Tourismo voorwaar.
Naby Koblenz het ons die snaaksste radiostasie raakgeluister. Hulle speel bekende en ook goeie popsongs - maar meestal vertaal in Duits. So tussendeur is daar ook regte juwele. Ek het my besimpeld gelag toe She'll be coming around the mountain in Germaans oor die luidsprekers dawer.
Koblenz is die begin van die Kasteel-roete. Ok, tussen Bonn en Koblenz is daar twee kastele, maar tussen Koblenz en Mainz is daar tientalle. Koblenz het 'n lieflike vesting bo op een van die koppe en na ons 'n uur of so daar rondgeloop het, is ons al langs die Ryn (Rhein) af. Ons het ons vergaap aan al die kastele, burge, vestings en torings. Dit is 'n mooi stuk wêreld daardie.
Die aand het ons in Hirschberg oorgebly. Ons hotel was aan die einde van die dorpie en ons kamer het uitgekyk op die hotel se kruie en groentetuintjie, oor velde vol aarbeie en boorde vol kersies. Soos die voetgangers en fietsryers daar deur beweeg, word vruggies gepluk en geknibbel. Lyk vir my heeltemal te gesond; selfs vir Duitsers.
Sondag oggend het ons vroeg opgestaan en na 'n lekker ontbyt, het ons Heidelberg toe gery. Heidelberg van die Student Prince. (Nie die een by die Suikerbosrand nie - ook nie die een daar naby Gesina in Riversdal nie.) Heidelberg was spectacular. Ek het die foto's en poskaarte en yskasmagneet om dit te bewys.
Ons pad van daar af na Neuswanstein op die Duitsland/Oostenryk grens het bietjie langer geneem as wat ons gereken het, want daar was groot stukke autobahn wat met padwerke belemmer was. Ons moes selfs 'n stuk deur van die klein dorpies ry. Dit was pragtig en het ons gelei tot 'n dorpie Fussen. Die rivier daar is ligblou, poeierblou, turkooisblou en ietwat melkerig. Dit is oor die rivier direk uit 'n gletser (in Oostenryk) vloei en daar heelwat dolomiet in die gesteentes is.
Van daar is dit 'n paar minute na die Neuswanstein sprokieskasteel. Dit is 'n blog op sy eie. Oe dit was pragtig...
Ons is met sonsondergang uit Duitsland uit in Oostenryk uit. Die mis het in vlae oor die berge neergedaal . Ons het foto's van die turkoois waterval by Musau geneem en 'n paar kilo's verder oorkant die brandweerstasie in Pflach gestop. Dit was bietjie koud na my sin (ons het natgereën by die Sneeuwitjie-kasteel) so ek het binne in die kar gesit en 'n vinnige sketsie van die vreemde boombedekte berge en mis, die halfmaan, die skewedak-skuurtjie en die dennebome gemaak. Ek wens ek kon regtig teken.
Maandag het ons oppad Swartwoud toe by 'n autobahn-kerkie gestop. Dit was bietjie weird, want die kerkie was piramide-vormig en voor dit was iets wat soos 'n totem-paal gelyk het. Maar dit was 'n regte kerkie. Daar was selfs 'n slapende ou in een van die banke.
Die swartwoud was alles wat ek verwag het. Dit was groot en groots. Daar was dorpies die grootte van sikspense, 'n paar klein stadjies, genoeg bome om 'n paar arke te bou en genoeg koekoeklokke (uhren) om die tyd vir altyd te laat stilstaan. Ek het 'n regte swartwoudkoek in die swartwoud geëet en eers 2uur die volgende dag by die huis ingeloop. Dit het werk die volgende dag moeilik gemaak, maar boy oh boy dit was die moeite werd.

Tuesday, June 2, 2009
Special features - updated
Ons het in Hotel Hirschberg gebly die naweek. Voor die naweek het ek heel smalend na 'n ander hotel verwys waar 'n Elevator die special feature was. Wel, slim en sy baas... Ons kamer was op die tweede vloer. Dit het uitgekyk oor boorde vol Kersiebome en velde gevul met ryp aarbeie. Langs die hotel was daar 'n oulike kruietuintjie en voor die hotel rosies.
Die hotel is bestuur deur 'n vriendelike ou omie en tannie. Hulle was al twee keer in Suid-Afrika en ons het interessante gesprekke gehad. Waar hulle Engels hulle in die steek gelaat het, het hulle in Duits oorgeslaan en ek was verbaas hoe maklik dit was om te volg. (Ons het die hartseer nuus oor die gevalle vliegtuig later die dag op die radio se nuus gehoor en verstaan.) Ontbyt was continental (brood en kaas) met 'n gekookte eier elk. Maar daar was 'n groot pot tee by, so die ontbyt, volgens my ten minste, was wonderlik... En ek het elke keer diep binne-in gesmile wanneer hulle op 'n dankie reageer. Die Nederlanders antwoord alstublieft pleks van plesier. Soos in: Hier is jou kleingeld. Dankie. Alstublieft. Die Duitsers gebruik bitte soortgelyk. Die Nederlanders en Duitsers het dus 'n verstaanbare, maar snaakse gewoonte om, wanneer hulle met jou Engels praat, dankie-sinne met Please te antwoord. Hie hie. Breakfast was wonderful, sal ek noem. Please...
Die lekker hotelletjie het toe nie 'n hysbak gehad nie. Sal my leer om te lag vir advertensies. Volgende keer sal ek dalk nie eers daaroor blog nie. So, het ek my les geleer? Ja, dankie. Please... :)
Neuswanstein van onder en bo
Alle stories het 'n begin. Sprokies begin met 'Eendag lank, lank gelede...' Wel, eendag lank, lank gelede was ek 'n dogtertjie. Ouer as 10, jonger as 18. Ons het nie 'n TV gehad nie en het soms afleiding gesoek van die gelesery. Dit is waar my ma se legkaarte handig te pas gekom het. Een van hulle was natuurlik hierdie kasteel. Ek onthou dat ek die legkaart gebou het en myself belowe het dat ek eendag hierdie kasteel self sal sien en aan hom sal raak. Nog 'n dingetjie wat ek nou met 'n regmerkie mag merk.
Subscribe to:
Posts (Atom)