Tuesday, September 30, 2008

Herfs


Herfs is die tyd wat geskep is na jou
met sy naaktheid en bitter verwyt,
want dis jou trots wat saam met die
dwarrelgoud val
wat in stilte vir botseisoen pleit...
Herfsbome snik oor hul koperverlies;
jy huil oor jou hart in jou hand,
maar na hierdie bloeityd, kry ook jy,
my herfsmens
'n bloeisel as ewigheidspand.

1 comment:

  1. Geskryf vir Bertie - my studentevriendin wat 'n paar dae na haar 21ste verjaarsdag in 1997 verongeluk het.

    ReplyDelete