Sunday, September 21, 2008

Mommyfied


Ons het die naweek 'n baie aangename verrassing gekry. Rods se ma het hier opgedaag! Sy en Thinus (en klink my elke liewe een van my Bloemfontein en Jhb-vriende) het gekonkel en saamgespan om ons 'n onvergeetlike naweek te besorg. Nou hoe vertrou mens jou vriende (en familie) weer na so 'n gejokkery hmmm? Toemaar, julle is almal vergewe.

Mom bly hier vir 'n maand. Ek het soveel planne en my langnaweke werk perfek uit. Ek het die volgende drie Vrydae vry, so dit gee ons soveel meer tyd vir kuier. Natuurlk het ek meer planne as net vir 'n maand, maar sy kom kuier weer in April en dan kan ons verder gaan. Daar is ook sprake van ander kuiers uit SA volgende jaar, so ek sien uit na 2009. Eintlik geniet ek op die oomblik September so veel dat ek nie regtig tyd het vir uitsien nie. Sal later in volgende maand wanneer ek aan leƫ nes sindroom begin ly onthou dat Casa Snow nie altyd leeg sal wees nie.

Ek is soooo bly sy is hier.





No comments:

Post a Comment