Monday, July 27, 2009

And if I die before I wake...

I pray the Lord my soul to take

Ek gaan more vir 'n operasie. Soos Roderick dit gestel het Om my sparkplugs te check om te sien waarom ek nie vat nie. Wel, dit som dit omtrent op. Maar nou het ek heel morbiede gedagtes. Wat as ek nou nie weer wakker word nie? Die kans is skraal dat ek nie gaan wakker word nie, maar die kans is ook skraal om te dooi as jy in jou motor inklim, maar dit gebeur wel.

Wel, first things first. Bly tog waar julle is. Niks se ge-oorvliegery hierheen nie. Nie dadelik nie ten minste. Later kan julle by Rods kom kuier. Maar bel hom en mail hom en sy ma mag wel oorvlieg. Nou daar's diskriminasie vir julle.

Wie ook al organe soek, kan dit kry solank hulle dit nie self kom afsny met 'n mes en vurk nie. Daarna wil ek veras wees. En los my net daar waar ek veras is. Ek weier om iewers in 'n urn te sit. Ek is mos nie 'n genie nie. (En as ek een was, sou ek 'n nasty een wees...)

My blog kan julle maar versprei en bind en 'n kopie vir my pa gee, maar maak heeeeeltemal seker ek is dood voor julle dit doen, want ek het iewers laasjaar oor die naak-strand geskryf en hy is 'n ou man en sy gesondheid is nie meer so goed nie... My sussie kan al my juwele kry (jammer Juanie) so sy sal 'n draai in Europa moet kom maak.

Daar moet 'n nagedagtepartytjie wees met groot hoeveelhede jellie en sjokolade en tee met melk en suiker in. En moenie worry nie, ek sal julle een-een kom haunt. Wonder of ek as spook net so nuuskierig sal wees as wat ek as mens is. Een manier om uit te vind - en hopenlik nie more al nie.




No comments:

Post a Comment