Sunday, July 19, 2009

My sparklies

Die groen malagiet-hangertjie het Roderick vir my by die Grahamstadse kunstefees gekoop nog voor ons getroud is. Dis nou ook al 'n paar jaar terug. Die pragtige filigree hangertjie voorop, is uit Israel en sover ek weet, is dit Israeliese jade daarin. Maar ek praat onder korreksie.

Alles en nog wat. Die hangertjie met die snowflake obsidian is van Madri. Die hematiet hangertjie met die kruis is in Johannesburg gekoop terwyl die mooi Afrika-motief een 'n geskenk vir my 31ste verjaarsdag was van Ruby en Deneys. Die plain hematiet hangertjie kom van Bloemfontein se kunsmark af.

Something old, something new. Die hangertjie het ek die naweek weereens by 'n vlooimark by 'n Indiese man gekoop. Dit maak nie vas nie, maar haak net om jou nek. Die armbandjie is filigree silwer, maar ek het die steen se naam vergeet. Dit is uit Israel en was eers Roderick se ma s'n.

Die vrolike kraletjies, is van Juan-Marie en is heerlik vir Nederlandse feeste. Die kruisie het ek nog as student by Topics gekoop en die katoog-armbandjie hier in Nederland. Die lang hangertjie, is stukkies glas wat ek 'n paar jaar terug op 'n vlooimark gekoop het met die idee om dit vir Nicolene te gee om vir my iets moois mee te maak. Tot ek eendag by haar uitkom, dra ek dit net so. Die hangertjie met die vier druppeltjies het ek Saterdag vir 'n euro by 'n straatmark voor Lidl raakgeloop.
Die vrolike blommetjies kom uit die Chinese vlooimark (Asian city) in Bruma (Johannesburg) die middelste armbandjie is my gunsteling stuk juweliersware en is 'n geskenk van Roderick se ma. Dit is meksikaanse silwer met granaatsteen. Die onderste een is 'n katoog-albaster.

Die reguit tieroog armbandjie is op ons wittebrood in die Krugerpark gekoop, die bosserige tieroogarmbandjie kom vanaf 'n straatstalletjie in Brussels. Die twee sonsteen hangertjies is van Nicolene en die groot skitterende stuk in die middel van die Haagse markt.

Pearls of wisdom. Meeste van die is deur Nicolene vir my gemaak, maar my trou-pereltjies is ook daar tussenin. Die mooi gekleurdes is van twee Saterdae gelede se kunstmarkt in Fahrenheitstraat.

Oorbelletjies. Die olifantjies is van Madri van 'n tyd voordat sy self begin juwele ontwerp het. Die roosmaryn-klippie is al wat ek oorhet van 'n koppie vol klippies wat ek destyds op die Bloemskou gekoop het.

'n Gold-plated regte akkertjie van Kew-gardens in London. By Jonathan gekry en ek dra dit bitter selde oor dit so breekbaar pragtig is.

Simbool van my liefde.

Mens sou dink dat die blink en vrolike goedjies stilsit en dus maklike teikens is vir fotografie... Watwou! Maar hulle is lekker om mee te speel, lekker om uit te kies, lekker om te dra en lekker om te fotografeer. My preciousenesses

No comments:

Post a Comment