Wednesday, July 1, 2009

Die huistoe pad

die huis-toe-pad is die pad wat jy vat
as jou siel verdor, maar jou oë bly nat
en jy loop, maar jy weet jy't die koers vergeet-
lê die huis-toe-pad tussen hoop en weet

maar die huis-toe-pad is 'n donker pad
dis 'n opdraend-pad, dis 'n dronkaardspad
dis 'n rowerspad en 'n kronkelpad
want die huis-toe-pad is 'n kronkelpad

die huis-toe-pad is 'n ware pad
maar 'n nare en vol-gevare-pad
dis 'n sloop-maar-pad en 'n stroop-maar-pad
want die huis-toe-pad is 'n hoop-maar-pad

die huis-toe-pad is die pad wat jy vat
as jou siel verdor, maar jou oë bly nat
en jy loop, maar jy weet jy't die koers vergeet-
lê die huis-toe-pad tussen hoop en weet

en die huis-toe-pad is 'n somber pad
dis 'n drink-en-'n-peins- en 'n wonder-pad
dis 'n sukkel en beur en 'n strompelpad
want die huis-toe-pad is 'n kronkelpad

die huis-toe-pad is 'n hartseer-pad
dis 'n enkelpad, dis 'n swart-leë-pad
dis 'n snags-aleen-deur-die-hoop-loop-pad
want die huis-toe-pad is 'n doodloop-pad

Koos du Plessis

No comments:

Post a Comment